Ek kom agter dat ek redelik baie blog oor dinge wat my irriteer, so hier's 'n lekker een...
KOUGOM!
As ek in die somer nog so lekker met my kaal knieë in die klas sit en ewe skielik raak my een knieg aan 'n ou, grillerige kougom-bal aan die onderkant van die skoolbank, dan verloor ek dit sommer net daar.
Ek loop alte jolig in by Spar, gryp 'n mandjie so in die verby gaan en BOOM - kougom vingers!
En dan om nie eers te praat van in kougom trap nie!
Al dié dinge dryf my teen die mure uit, maar jy kan altyd jouself skoon skrop of nuwe skoene koop. Die een ding omtrent kougom wat vir my die héél ergste is, is as iemand met my praat met 'n stuk kougom in die mond.
Alles daaromtrent laat my grill. Die ge-myack-myack-myack wat jou mond maak wanneer jy kou, die vreemde reuk van jou asem en dan die klein sirkeltjie wat op jou kiestande gaan lê wanneer jy praat... BLEHG!!
As ek met jou 'n gesprek voer en jy is besig om kougom te kou, kry ek so 'n groot urge om jou ken vas te gryp met my een hand, my ander hand in jou mond in te druk en daardie pes van 'n ding uit sy comfort-zone, daar op jou kiestande, uit te ruk!
Maar dan herinner ek myself daaraan dat ek geen idee het waar jou mond al oral was of wanneer laas jy tande geborsel het nie en ek hou myself eerder in.
Dit voel of almal heeldag loop en kougom kou! Ek kan nie verstaan hoekom nie... Binne 5 minute proe dit soos 'n stuk rubber wat op en af bons in jou mond! Maar o, wag, jy't nog 'n hele pakkie chappies in jou sak! Moet net nie dat die massas dit sien nie...
Maar in elkgeval - dis nog een ding wat my irriteer. As ek so aanhou moet ek dalk my blog verander na 'Ani-kla'.
Ha-ha - nooit nie.
Showing posts with label eerlik. Show all posts

Sunday, 25 August 2013
Thursday, 1 August 2013
JIP - 'Tree nou op soos leiers'
Leiersverkiesing is om die draai vir die meeste gr. 11’s, en dit beteken baie fake-glimlagte, buitengewoon vriendelike mense, gatkruipers, maagpyn en, en, en...
Ek weet nie of dit net in my skool so is nie, maar hoe nader die verkiesing kom, hoe meer praat die onderwysers met ons oor ons gedrag. “Dis tyd dat julle begin optree soos leiers!”
Ek het ’n probleem in hierdie situasie. Sien, jy moet verkies word omdat jy dit verdien, nie omdat jy ewe skielik, omdat almal raas en mooi vra, soos ’n leier begin optree nie!
As ek nog een speech moet hoor oor hoe ons moet “bykom” of “onsself regruk”, gaan ek dalk net ontplof. Almal wil hê ons moet ons gedrag verander, maar dan...
Labels:
afrikaans,
ani-klets,
Anike,
bk,
eerlik,
gatkruipers,
hoërskool,
jip,
kinders,
leerders,
leiers,
leiersverkiesing,
maagpyn,
onderwysers,
prefekte,
skool,
tieners
Sunday, 28 July 2013
Respek is 'n moeilike ding...
As daar nou een ding is wat my teen die mure uitdryf, is dit wanneer 'n kind nie 'n onderwyser respekteer nie.
Okay, ek weet ons leef in 'n post-modernistiese era. Post-moderniste doen wat hulle wil. Hulle sê 'hoekom moet ek dit doen?' of 'hoekom kan ek dit nie doen nie?' maar daar kom tye in 'n mens se lewe waar jy nie net kan doen wat jy wil nie!
Dit pla my verskriklik as die mense in my klas nie respek het vir 'n onderwyser nie. Die argument is altyd dieselfde - 'hoekom moet ek respek vir onderwysers hê as hulle nie respek vir my het nie?' In so opsig is daar nie vir my 'n 'hoekom?' nie, jy moet dit net doen. Jy moet respek hê vir 'n onderwyser.
As die onnie jou sleg of onregverdig behandel, help dit jou niks om ongeskik terug te wees nie, almal weet dit! Almal wil dit net nie altyd erken nie... Die onderwyser is in 'n hoër magsposisie as jy - hy/sy kan die lewe vir jou so moeilik maak! Die onnie skryf vir jou negatiewe punte, jy sit detensie, jy raak negatief oor een van jou gunsteling vakke, jy kry swak punte, en en en...
Dis 'n bose kringloop... Uit 'n kind se oogpunt is dit altyd die onderwyser wat dit begin het, maar dit is nie altyd die geval nie. Jy kan niks doen aan 'n onderwyser wat ongeskik is, of wat net plain weg nie van jou hou nie.
Die maklikste oplossing is om net jou trots te sluk. Bly stil, moenie terug praat nie, skree aan die binnekant, skryf 'n heavy metal 'ek-haat-onderwysers' liedjie, doen net enige iets anders as om terug ongeskik te wees. Dit is nie maklik nie, maar dis baie beter as om detensie te sit...
Anyway...
Gotta go slice a pie..
Anike x

Monday, 22 July 2013
Teikengehoor
Ek praat vanoggend met 'n vriendin oor my YouTube spree die naweek... Ons kom toe tot die gevolgtrekking dat ons nie video's wil maak nie, want ons wil nie hê mense wat ons ken moet dit sien nie!
Dis moeilik om te verduidelik, maar dit kom daarop neer dat ons wil hê ander mense moet ons blogs en vlogs sien, maar nie vriende en familie nie.
Ek is van plan om 'n YouTuber te word (ek werk aan my eerste video) en ek sal dit love as mense van my video's hou. Die probleem is net dat ek nie wil hoor wat die mense na aan my dink nie! Ek wil nie by die skool hoor dat my nuwe video nie so goed was soos die vorige een nie, of dat daar baie beter blogs is as myne nie!
As die kommentaar van ander, onbekende mense af kom waardeer 'n mens die positiewe soveel meer. Jy kan ook baie makliker die negatiewe ignoreer en jy hoef nie te probeer verduidelik waarom jy doen wat jy doen nie!
Ek het al daaraan gedink om my naam te verander, 'n ander identity te skep en so famous te word! Dit sal egter nie werk nie, want wie sal my video's kyk? Wie sal my tweets lees as ek niemand het wat my follow nie, want niemand weet wie ek is nie? (Gepraat van Twitter, ek staan nou op 254 followers! =D)
'n Mens het vriende en familie nodig om jou blog/vlog van die grond af te kry! Jy moet dit deel met mense wat jou ken, mense wat op die link sal gaan kliek. Mense wat wil sien hoe jy jou naam gat maak. Mense wat dit dan met hulle vriende en familie sal share.
Ongelukkig vir dié van ons wat eintlik baie skaam is, gaan vriende en familie beslis ons blog lees en ons video's kyk. Ons gaan kommentaar kry daaroor. Positief en negatief.
Hopelik is dit alles die moeite werd.
Gotta go jam my bread!
xx

Monday, 20 May 2013
Die cliché eerste post...
Okay, so hierdie is my eerste post... op my blog...
Wag, tegnies gesproke is hierdie my tweede post, sien ek was eers op WordPress, maar hierdie site lyk cooler.. haha
Okay, so soos die meeste ander bloggers weet ek nog nie regtig waaroor ek wil blog nie. Meestal maar my lewe. Ek kan hier seker nogal eerlik wees, aangesien ek nie rerig dink iemand my blog actually gaan lees nie. Haha, let the fun begin ;)
So, 'n blog. Uhm ek het baie dinge op my hart, of sleutelbord, of rekenaarskerm... whatever, in elkgeval, ek haaaaaaaaaat skynheilige mense. Miskien gaan die meeste van my posts daaroor gaan? Who knows...
Ek wil eintlik net hierdie cliché van 'n eerste post oor en verby kry sodat ek kan aangaan sonder om te verduidelik of whatever.
Dit laat my nou dink aan 'n episode van How I Met Your Mother (awesome series, btw) waar Barney en Robin begin uitgaan, maar hulle wil nie die "talk" hê nie. Hulle wil nie die buitelyne van hulle verhouding beskryf nie, hulle wil net doen wat hulle wil. Hmm.
Meer later dan!
Gotta go play tennis with midgets
Anike

Subscribe to:
Posts (Atom)