Ek het meer as 'n maand laas gepost. Daar is so baie wat aangaan in my lewe... Van skryf vir JIP, tot die eksamen wat verby is, tot die verbrokkeling van my hart...
Die waarheid is: Ek sukkel.
Ek sukkel om wat aangaan in my lewe te deel met ander mense, ek sukkel om mense te vertrou, maar hoekom moet ek? Hoekom moet ek vir ander mense, wat tien teen een nie eers omgee nie, my diepste, donkerste geheime vertel? Nie dat my geheime juis so diep en donker is nie - meer soos vlak en grys.
Ek sukkel om kreatief te wees. Ek sukkel om te skryf. Dis hoekom ek so lank laas gepost het. Ek voel dat mense nie gaan hou van wat ek doen nie, so ek hou dit eerder vir myself. Ek hou alles eerder in as wat ek dit uitlaat en ek word afgeskiet en verwerp.
Ek sukkel om uit die bed uit te kom - ek wil net die heeltyd lê. Ek weet dis half normaal vir 'n tiener, maar nie so erg soos wat dit nou voel vir my nie. Ek wil nie mense sien nie, ek wil nie kuier nie, ek wil net niks doen nie! Tog is ek so geirriteerd daarmee om net by die huis te sit. Ek wil uitgaan, maar ek het nie die wilskrag nie. Ek sukkel.
Ek het nogsteeds nie vir enige iemand vertel van my blog nie - soos ek gesê het, ek is bang mense hou nie van wat ek doen nie.
Ek tree oor 'n week op by Stoep... My eerste optrede voor mense. Ek is so senuweeagtig, dis nie eers meer snaaks nie. Ek wil hê mense moet my hoor sing, maar ek het 'n vrees vir verwerping. Ek vrees dat mense nie daarvan sal hou nie. Ek wil so graag eendag 'n loopbaan maak uit my musiek uit, maar as mense nie daarvan hou nie, hoe kan ek?
Ek sukkel. Ek sukkel!!!
Help?
Showing posts with label nuut. Show all posts
Showing posts with label nuut. Show all posts
Friday, 5 July 2013
Monday, 20 May 2013
Die Groot Gat in jou Gesig...
Daar is nét soveel maniere om te sê "bly stil" en 'n mens kan dit ook net soveel keer sê voor jy dit totaal en al verloor.
Saal-opening. Ek wou dit verloor. Almal weet dat jy veronderstel is om stil te bly wanneer ons by die saal in loop soos minions, maar niemand doen dit nie! Almal gesels en kuier en lag so hard dat hulle nie eers hoor hoe die mnr. sê om stil te bly nie! Dit veroorsaak dan dat dit langer vat voor ons begin wat maak dat pouse korter is. Thank you, selfish teenagers.
Dis ook 'n manier om respek te toon, of in die geval nié te toon nie. As iemand anders praat, bly jy stil! Maak nie saak hoe graag jy iets wil sê nie! Maak nie saak of dit jou begin brand van binne af soos 'n veldbrand nie - jy hou die gat in jou gesig toe... Ek sal nooit 'n onderwyser kan word nie, wat O MY SIEL, kinders het nie respek nie.
Bly stil, shut your pie hole, hush up, tone it down a notch, maak die gat in jou gesig toe, shhhhht, of die altyd gewilde, maar kras STFU (uhm, ja, ma en pa, as julle hierdie lees, ek praat nie so nie, hierdie is 'n veralgemening van hoërskool...)
So asseblief tog, bly stil wanneer jy moet stil bly! In die saal, koshuis-studietyd, kerk, by 'n begrafnis, in die kroeg, waaaaar ookal, hou net die groot gat in die Suidelike deel van jou gesig toe wanneer dit moet toe wees.
Meer later...
Gotta go teach hobos propper spelling
Anike
Die cliché eerste post...
Okay, so hierdie is my eerste post... op my blog...
Wag, tegnies gesproke is hierdie my tweede post, sien ek was eers op WordPress, maar hierdie site lyk cooler.. haha
Okay, so soos die meeste ander bloggers weet ek nog nie regtig waaroor ek wil blog nie. Meestal maar my lewe. Ek kan hier seker nogal eerlik wees, aangesien ek nie rerig dink iemand my blog actually gaan lees nie. Haha, let the fun begin ;)
So, 'n blog. Uhm ek het baie dinge op my hart, of sleutelbord, of rekenaarskerm... whatever, in elkgeval, ek haaaaaaaaaat skynheilige mense. Miskien gaan die meeste van my posts daaroor gaan? Who knows...
Ek wil eintlik net hierdie cliché van 'n eerste post oor en verby kry sodat ek kan aangaan sonder om te verduidelik of whatever.
Dit laat my nou dink aan 'n episode van How I Met Your Mother (awesome series, btw) waar Barney en Robin begin uitgaan, maar hulle wil nie die "talk" hê nie. Hulle wil nie die buitelyne van hulle verhouding beskryf nie, hulle wil net doen wat hulle wil. Hmm.
Meer later dan!
Gotta go play tennis with midgets

Subscribe to:
Posts (Atom)