Ek haat dit as mense simpel vrae vra. Vrae soos “Hoe kan jy nié van dubstep hou nie?” of “Hoekom het jy nog nooit ’n kêrel gehad nie?”
Ek besef toe dat ek dit ook doen.Dit is gewoonlik net uit pure nuuskierigheid.Ek wonder gereeld hoekom mense dink soos hulle dink en doen wat hulle doen, maar maak dit regtig saak? Maak dit saak hoekom daar mense is wat hou van peri-peri of wasabi-sjokolade?
Lees die res hier
Showing posts with label jip. Show all posts
Showing posts with label jip. Show all posts
Saturday, 10 May 2014
Monday, 25 November 2013
JIP: Clichés, oral waar jy kyk...
Die wêreld is een groot cliché... Dié sin is selfs teen hierdie tyd ’n cliché.
Ek het gesukkel om ’n onderwerp te kies om oor te skryf, want alles waaraan ek dink, is al so holrug gery: eksamen, einde-van-die-jaar-sindroom, vakansie, wees jouself, die verkiesing, tienersterre wat handuit ruk, en en en (oeps, nog een).
Dink byvoorbeeld aan flieks: “I wil be back”; “Frankly, my dear, I don’t give a…”; “May the force be with you”; “To infinity and beyond”; “Elementary, my dear Watson”; “Life is like a box of chocolates…”; “Luke, I am your father!”; “You can’t handle the truth”; “Make a hole, people, make a hole!"... Genoeg gesê?
Dan is daar die Facebook-clichés...
Lees die res hier.

Saturday, 12 October 2013
JIP - My top-10 Youtubers
Ek het onlangs die wonderwêreld van YouTube ontdek en het amper elke dag ’n nuwe gunsteling Youtuber! Hier is my top-10:
10. Chai (MyNamesChai)
9. Connor Franta
8. Alfie Deyes (PointlessBlog)
7. Zoe Sugg (zoella280390)
6. Marcus Butler (MarcusButlerTV)
5. Jack and Finn Harries (JacksGap)
4. Troye Sivan
3. Phil Lester (AmazingPhil)
2. Caspar Lee (dicasp)
1. Dan Howell (danisnotonfire)
Lees die volle artikel hier
10. Chai (MyNamesChai)
9. Connor Franta
8. Alfie Deyes (PointlessBlog)
7. Zoe Sugg (zoella280390)
6. Marcus Butler (MarcusButlerTV)
5. Jack and Finn Harries (JacksGap)
4. Troye Sivan
3. Phil Lester (AmazingPhil)
2. Caspar Lee (dicasp)
1. Dan Howell (danisnotonfire)
Lees die volle artikel hier
Sunday, 6 October 2013
JIP - Tieners wat drink
Tieners wat drink is nie meer so ’n vreemde verskynsel as wat dit ’n klompie jare terug was nie... As jy vandag sou uitvind dat ’n vriend gereeld drink, sal jy nie so geskok wees soos wat jou ouers sou wees toe hulle jonk was nie. Inteendeel, jy sou dit dalk verwag. Dis mos snaaks, is dit nie?
Meeste mense lag vir dronk mense se gedrag. Sommige dink dis selfs nóg snaakser as die persoon uit-pass, maar daar is niks snaaks daaraan as iemand versmoor aan hul eie braaksel of die vergiftiging van die respiratoriese sentrum in die brein nie – albei wat tot die dood kan lei.
Ek het met ’n paar hoërskoolleerders gesels en tot die volgende gevolgtrekking gekom: daar is drie “soorte” tiener-drinkers...

Labels:
dood,
drank,
drankmisbruik,
drink,
hoërskool,
jip,
JIPcoza,
leerders,
ouers,
studente,
Suid Afrika,
tieners,
tieners wat drink,
vergiftiging
Monday, 16 September 2013
JIP - "Bravo as jy grense ken!"
Ek is deesdae behep met ou TV-reekse. Ek kan nie genoeg daarvan kry nie: Malcolm in the Middle, That 70’s Show en, en, en… Al die verhoudings in dié reekse het my aan die dink gesit oor tienerverhoudings en hoe dit van die verhoudings in iets soos Gossip Girl verskil. Dié verhoudings is nie meer soos dit in die ou dae was nie.
Skoolverhoudings het handuit geruk – tieners is deesdae met hul verhoudings op ’n heel ander vlak as die tieners van 30, 20, selfs net 10 jaar terug. Dis asof die “verhoudingsouderdom” 10 jaar afgeskuif het: Kry jou eerste kêrel al op laerskool, jou eerste date in gr. 5, vry vir die eerste keer in gr. 7 en word seksueel aktief op 14.
Lees die res van my rubriek hier.

Anike,
Anike van der Merwe,
gossip girl,
jare terug,
jip,
JIPcoza,
laerskool,
malcolm in the middle,
reekse,
rubriek,
seks,
seksueel aktief,
skooverhoudings,
that 70s show,
tieners,
tienerverhoudings,
tv,
Verhoudings
Thursday, 1 August 2013
JIP - 'Tree nou op soos leiers'
Leiersverkiesing is om die draai vir die meeste gr. 11’s, en dit beteken baie fake-glimlagte, buitengewoon vriendelike mense, gatkruipers, maagpyn en, en, en...
Ek weet nie of dit net in my skool so is nie, maar hoe nader die verkiesing kom, hoe meer praat die onderwysers met ons oor ons gedrag. “Dis tyd dat julle begin optree soos leiers!”
Ek het ’n probleem in hierdie situasie. Sien, jy moet verkies word omdat jy dit verdien, nie omdat jy ewe skielik, omdat almal raas en mooi vra, soos ’n leier begin optree nie!
As ek nog een speech moet hoor oor hoe ons moet “bykom” of “onsself regruk”, gaan ek dalk net ontplof. Almal wil hê ons moet ons gedrag verander, maar dan...
Labels:
afrikaans,
ani-klets,
Anike,
bk,
eerlik,
gatkruipers,
hoërskool,
jip,
kinders,
leerders,
leiers,
leiersverkiesing,
maagpyn,
onderwysers,
prefekte,
skool,
tieners
Friday, 5 July 2013
Ek sukkel.
Ek het meer as 'n maand laas gepost. Daar is so baie wat aangaan in my lewe... Van skryf vir JIP, tot die eksamen wat verby is, tot die verbrokkeling van my hart...
Die waarheid is: Ek sukkel.
Ek sukkel om wat aangaan in my lewe te deel met ander mense, ek sukkel om mense te vertrou, maar hoekom moet ek? Hoekom moet ek vir ander mense, wat tien teen een nie eers omgee nie, my diepste, donkerste geheime vertel? Nie dat my geheime juis so diep en donker is nie - meer soos vlak en grys.
Ek sukkel om kreatief te wees. Ek sukkel om te skryf. Dis hoekom ek so lank laas gepost het. Ek voel dat mense nie gaan hou van wat ek doen nie, so ek hou dit eerder vir myself. Ek hou alles eerder in as wat ek dit uitlaat en ek word afgeskiet en verwerp.
Ek sukkel om uit die bed uit te kom - ek wil net die heeltyd lê. Ek weet dis half normaal vir 'n tiener, maar nie so erg soos wat dit nou voel vir my nie. Ek wil nie mense sien nie, ek wil nie kuier nie, ek wil net niks doen nie! Tog is ek so geirriteerd daarmee om net by die huis te sit. Ek wil uitgaan, maar ek het nie die wilskrag nie. Ek sukkel.
Ek het nogsteeds nie vir enige iemand vertel van my blog nie - soos ek gesê het, ek is bang mense hou nie van wat ek doen nie.
Ek tree oor 'n week op by Stoep... My eerste optrede voor mense. Ek is so senuweeagtig, dis nie eers meer snaaks nie. Ek wil hê mense moet my hoor sing, maar ek het 'n vrees vir verwerping. Ek vrees dat mense nie daarvan sal hou nie. Ek wil so graag eendag 'n loopbaan maak uit my musiek uit, maar as mense nie daarvan hou nie, hoe kan ek?
Ek sukkel. Ek sukkel!!!
Help?

Subscribe to:
Posts (Atom)