Showing posts with label eerste. Show all posts
Showing posts with label eerste. Show all posts

Friday, 5 July 2013

Ek sukkel.

Ek het meer as 'n maand laas gepost. Daar is so baie wat aangaan in my lewe... Van skryf vir JIP, tot die eksamen wat verby is, tot die verbrokkeling van my hart...

Die waarheid is: Ek sukkel.

Ek sukkel om wat aangaan in my lewe te deel met ander mense, ek sukkel om mense te vertrou, maar hoekom moet ek? Hoekom moet ek vir ander mense, wat tien teen een nie eers omgee nie, my diepste, donkerste geheime vertel? Nie dat my geheime juis so diep en donker is nie - meer soos vlak en grys.

Ek sukkel om kreatief te wees. Ek sukkel om te skryf. Dis hoekom ek so lank laas gepost het. Ek voel dat mense nie gaan hou van wat ek doen nie, so ek hou dit eerder vir myself. Ek hou alles eerder in as wat ek dit uitlaat en ek word afgeskiet en verwerp.

Ek sukkel om uit die bed uit te kom - ek wil net die heeltyd lê. Ek weet dis half normaal vir 'n tiener, maar nie so erg soos wat dit nou voel vir my nie. Ek wil nie mense sien nie, ek wil nie kuier nie, ek wil net niks doen nie! Tog is ek so geirriteerd daarmee om net by die huis te sit. Ek wil uitgaan, maar ek het nie die wilskrag nie. Ek sukkel.

Ek het nogsteeds nie vir enige iemand vertel van my blog nie - soos ek gesê het, ek is bang mense hou nie van wat ek doen nie.

Ek tree oor 'n week op by Stoep... My eerste optrede voor mense. Ek is so senuweeagtig, dis nie eers meer snaaks nie. Ek wil hê mense moet my hoor sing, maar ek het 'n vrees vir verwerping. Ek vrees dat mense nie daarvan sal hou nie. Ek wil so graag eendag 'n loopbaan maak uit my musiek uit, maar as mense nie daarvan hou nie, hoe kan ek?

Ek sukkel. Ek sukkel!!!

Help?


Monday, 20 May 2013

Die cliché eerste post...

Okay, so hierdie is my eerste post... op my blog...

Wag, tegnies gesproke is hierdie my tweede post, sien ek was eers op WordPress, maar hierdie site lyk cooler.. haha

Okay, so soos die meeste ander bloggers weet ek nog nie regtig waaroor ek wil blog nie. Meestal maar my lewe. Ek kan hier seker nogal eerlik wees, aangesien ek nie rerig dink iemand my blog actually gaan lees nie.  Haha, let the fun begin ;)

So, 'n blog. Uhm ek het baie dinge op my hart, of sleutelbord, of rekenaarskerm... whatever, in elkgeval, ek haaaaaaaaaat skynheilige mense. Miskien gaan die meeste van my posts daaroor gaan? Who knows...

Ek wil eintlik net hierdie cliché van 'n eerste post oor en verby kry sodat ek kan aangaan sonder om te verduidelik of whatever.

Dit laat my nou dink aan 'n episode van How I Met Your Mother (awesome series, btw) waar Barney en Robin begin uitgaan, maar hulle wil nie die "talk" hê nie. Hulle wil nie die buitelyne van hulle verhouding beskryf nie, hulle wil net doen wat hulle wil. Hmm.

Meer later dan!
Gotta go play tennis with midgets
Anike