Showing posts with label opstel. Show all posts
Showing posts with label opstel. Show all posts

Monday, 3 June 2013

Opstel: Skakel af!

“Mense neem elke dag so baie informasie in, dat hulle stadig, maar seker hulle algemene kennis verloor.”

Ek weet nie wie hierdie stelling gemaak het nie, maar binne tien sekondes sal my selfoon vir my die antwoord kan gee.  Blitsvinnig.

Daar is beslis baie voordele verbonde aan tegnologiese vooruitgang, maar hoe slimmer die selfone word, hoe dommer word die mense...

Skakel af.

Kom ‘n bietjie tot stilstand, sodat jou sien jou liggaam kan inhaal.

Praat met die mense voor jou.  Luister na die mense om jou.  Dis hoe die lewe veronderstel is om te wees.

Wat is so dringend om te sê dat dit nie kan wag totdat jy die persoon weer sien nie?  Is dit so belangrik om elke liewe sepie op televisie te volg?  Is dit nodig om alles wat in jou lewe aangaan met al jou – sogenaamde – “vriende” te deel?

Soms moet die liggies net agfesit word.  Die DVD-speler, PVR, DSTV, CD-speler – al die akroniem-toestelle – net stilgemaak word.

Skakel af!

Ek voel dat ‘n groot deel van die mensdom – veral die jeug – die kuns om sinvol alleen te wees, afgeleer het.

Nog interpersoonlike vaardighede wat erg skipbreuk ly, is die eeue oue kuns om te gesels.

Daar moet gesprekke gevoer word – regte gesprekke!  Nie ‘n telefoon-oproep, SMS, BBM (nóg akronieme) e-pos of enige ander vorm van elektroniese boodskap nie.  Regte gesprekke.

Dit is amper asof mense nie meer met mekaar kán praat nie.

SKAKEL AF!

Ek wil jou graag in die oë kyk as ek met jou praat.  Ek wil jou handgebare en gesigsuitdrukkings sien!

Emosies word gereduseer tot enkele leestekens en ‘n paar afkortings.

Skakel af.

Praat met die mense om jou.  Sit jou selfoon weg, kyk jou vriende in die oë – basiese kommunikasievaardighede!

Luister na wat vir jou gesê word.  Moenie so behep met tegnologie wees dat jou lewe vir jou wegloop nie.

Skakel af!

Voer ‘n gesprek, kyk mekaar in die oë, luister!

Haal jou oorfone af, beweeg weg van die televisie af, bêre jou rekenaar, selfoon, slimfoon, tablet...


SKAKEL NET AF!

Tuesday, 28 May 2013

O my siel - ek's besig...

Kort blog, net sodat ek nie vergeet ek het actually 'n blog nie!

Daar was laas week Nellies Got Talent by my skool en ek gaan 'n volledige post doen daaroor sodra hierdie flippen Junie-eksamen klaar is.  Gepraat van Junie-eksamen - ek het vandag 'n awesom Afrikaanse opstel geskryf! Wanneer ek dit eventually terug kry gaan hy ook beslis gepost word.. Miskien kan ek my ou opstelle ook post... hmm..

So... I posted my first awesome meme! Ek het al meme's gepost op 9GAG, maar niemand het dit rerig gelike nie... Toe kry ek 2 funny foto's in die hande - and so the Raymond meme and the Joshua meme were born!

http://9gag.com/gag/aKwb5YQ Die Raymond meme - net meer as 500 likes binne 24 uur.

http://9gag.com/gag/aBRD5oO  Die Joshua meme - net meer as 300 likes binne 24 uur.

Gaan check dit uit, of whatever... =P

Meer dan later...
Gotta go create a meme
Anike


Monday, 20 May 2013

Die cliché eerste post...

Okay, so hierdie is my eerste post... op my blog...

Wag, tegnies gesproke is hierdie my tweede post, sien ek was eers op WordPress, maar hierdie site lyk cooler.. haha

Okay, so soos die meeste ander bloggers weet ek nog nie regtig waaroor ek wil blog nie. Meestal maar my lewe. Ek kan hier seker nogal eerlik wees, aangesien ek nie rerig dink iemand my blog actually gaan lees nie.  Haha, let the fun begin ;)

So, 'n blog. Uhm ek het baie dinge op my hart, of sleutelbord, of rekenaarskerm... whatever, in elkgeval, ek haaaaaaaaaat skynheilige mense. Miskien gaan die meeste van my posts daaroor gaan? Who knows...

Ek wil eintlik net hierdie cliché van 'n eerste post oor en verby kry sodat ek kan aangaan sonder om te verduidelik of whatever.

Dit laat my nou dink aan 'n episode van How I Met Your Mother (awesome series, btw) waar Barney en Robin begin uitgaan, maar hulle wil nie die "talk" hê nie. Hulle wil nie die buitelyne van hulle verhouding beskryf nie, hulle wil net doen wat hulle wil. Hmm.

Meer later dan!
Gotta go play tennis with midgets
Anike