Showing posts with label tieners. Show all posts
Showing posts with label tieners. Show all posts

Sunday, 6 October 2013

JIP - Tieners wat drink

Tieners wat drink is nie meer so ’n vreemde verskynsel as wat dit ’n klompie jare terug was nie... As jy vandag sou uitvind dat ’n vriend gereeld drink, sal jy nie so geskok wees soos wat jou ouers sou wees toe hulle jonk was nie. Inteendeel, jy sou dit dalk verwag. Dis mos snaaks, is dit nie?

Meeste mense lag vir dronk mense se gedrag. Sommige dink dis selfs nóg snaakser as die persoon uit-pass, maar daar is niks snaaks daaraan as iemand versmoor aan hul eie braaksel of die vergiftiging van die respiratoriese sentrum in die brein nie – albei wat tot die dood kan lei.

Ek het met ’n paar hoërskoolleerders gesels en tot die volgende gevolgtrekking gekom: daar is drie “soorte” tiener-drinkers...


Lees die res hier

Monday, 16 September 2013

JIP - "Bravo as jy grense ken!"

Ek is deesdae behep met ou TV-reekse. Ek kan nie genoeg daarvan kry nie: Malcolm in the Middle, That 70’s Show en, en, en… Al die verhoudings in dié reekse het my aan die dink gesit oor tienerverhoudings en hoe dit van die verhoudings in iets soos Gossip Girl verskil. Dié verhoudings is nie meer soos dit in die ou dae was nie.

Skoolverhoudings het handuit geruk – tieners is deesdae met hul verhoudings op ’n heel ander vlak as die tieners van 30, 20, selfs net 10 jaar terug. Dis asof die “verhoudingsouderdom” 10 jaar afgeskuif het: Kry jou eerste kêrel al op laerskool, jou eerste date in gr. 5, vry vir die eerste keer in gr. 7 en word seksueel aktief op 14.

Lees die res van my rubriek hier.

Thursday, 1 August 2013

JIP - 'Tree nou op soos leiers'

Leiersverkiesing is om die draai vir die meeste gr. 11’s, en dit beteken baie ­fake-glimlagte, buitengewoon vriendelike mense, gatkruipers, maagpyn en, en, en...

Ek weet nie of dit net in my skool so is nie, maar hoe nader die verkiesing kom, hoe meer praat die onderwysers met ons oor ons gedrag. “Dis tyd dat julle begin optree soos leiers!”
Ek het ’n probleem in hierdie situasie. Sien, jy moet verkies word omdat jy dit verdien, nie omdat jy ewe skielik, omdat almal raas en mooi vra, soos ’n leier begin optree nie!

As ek nog een speech moet hoor oor hoe ons moet “bykom” of “onsself regruk”, gaan ek dalk net ontplof. Almal wil hê ons moet ons gedrag verander, maar dan...

Lees die res van my rubriek hier

Sunday, 28 July 2013

Respek is 'n moeilike ding...

As daar nou een ding is wat my teen die mure uitdryf, is dit wanneer 'n kind nie 'n onderwyser respekteer nie.

Okay, ek weet ons leef in 'n post-modernistiese era. Post-moderniste doen wat hulle wil. Hulle sê 'hoekom moet ek dit doen?' of 'hoekom kan ek dit nie doen nie?' maar daar kom tye in 'n mens se lewe waar jy nie net kan doen wat jy wil nie!

Dit pla my verskriklik as die mense in my klas nie respek het vir 'n onderwyser nie. Die argument is altyd dieselfde - 'hoekom moet ek respek vir onderwysers hê as hulle nie respek vir my het nie?' In so opsig is daar nie vir my 'n 'hoekom?' nie, jy moet dit net doen. Jy moet respek hê vir 'n onderwyser.

As die onnie jou sleg of onregverdig behandel, help dit jou niks om ongeskik terug te wees nie, almal weet dit! Almal wil dit net nie altyd erken nie... Die onderwyser is in 'n hoër magsposisie as jy - hy/sy kan die lewe vir jou so moeilik maak! Die onnie skryf vir jou negatiewe punte, jy sit detensie, jy raak negatief oor een van jou gunsteling vakke, jy kry swak punte, en en en...

Dis 'n bose kringloop... Uit 'n kind se oogpunt is dit altyd die onderwyser wat dit begin het, maar dit is nie altyd die geval nie. Jy kan niks doen aan 'n onderwyser wat ongeskik is, of wat net plain weg nie van jou hou nie.

Die maklikste oplossing is om net jou trots te sluk. Bly stil, moenie terug praat nie, skree aan die binnekant, skryf 'n heavy metal 'ek-haat-onderwysers' liedjie, doen net enige iets anders as om terug ongeskik te wees. Dit is nie maklik nie, maar dis baie beter as om detensie te sit...

Anyway...

Gotta go slice a pie..
Anike x