Ek haat dit as mense simpel vrae vra. Vrae soos “Hoe kan jy nié van dubstep hou nie?” of “Hoekom het jy nog nooit ’n kêrel gehad nie?”
Ek besef toe dat ek dit ook doen.Dit is gewoonlik net uit pure nuuskierigheid.Ek wonder gereeld hoekom mense dink soos hulle dink en doen wat hulle doen, maar maak dit regtig saak? Maak dit saak hoekom daar mense is wat hou van peri-peri of wasabi-sjokolade?
Lees die res hier
Showing posts with label Anike. Show all posts

Saturday, 10 May 2014
Monday, 16 September 2013
JIP - "Bravo as jy grense ken!"
Ek is deesdae behep met ou TV-reekse. Ek kan nie genoeg daarvan kry nie: Malcolm in the Middle, That 70’s Show en, en, en… Al die verhoudings in dié reekse het my aan die dink gesit oor tienerverhoudings en hoe dit van die verhoudings in iets soos Gossip Girl verskil. Dié verhoudings is nie meer soos dit in die ou dae was nie.
Skoolverhoudings het handuit geruk – tieners is deesdae met hul verhoudings op ’n heel ander vlak as die tieners van 30, 20, selfs net 10 jaar terug. Dis asof die “verhoudingsouderdom” 10 jaar afgeskuif het: Kry jou eerste kêrel al op laerskool, jou eerste date in gr. 5, vry vir die eerste keer in gr. 7 en word seksueel aktief op 14.
Lees die res van my rubriek hier.

Labels:
Anike,
Anike van der Merwe,
gossip girl,
jare terug,
jip,
JIPcoza,
laerskool,
malcolm in the middle,
reekse,
rubriek,
seks,
seksueel aktief,
skooverhoudings,
that 70s show,
tieners,
tienerverhoudings,
tv,
Verhoudings
Sunday, 8 September 2013
Sit jou boude terug waar dit hoort.
Right, so ek het 'n probleem met hoe kort meisies se broekies en rompies deesdae is...
Wat? Jy dink dis sexy? Nee. Wat is 'sexy' daaraan as jou ASS by jou broek uithang?
O, ouens sien jou raak en besef dan hoe oulik jy is? Nee! Ek het nuus vir jou, poplap, hulle is nie agter jou mooi persoonlikheid en goeie geselskap aan nie... Laat so 'n bietjie aan hulle verbeelding oor, toe?
Ek het 'n gesprek gehad met iemand hieroor en ek is so bly ek's nie die enigste persoon wat so voel nie. Kry 'n bietjie selfrespek meisies. Julle is soveel beter as dit.
Die meeste meisies wat se broekies so kort is kan dit ook in elkgeval nie bekostig om so rond te loop nie... Ja, dis reg - DIT LYK SLEG!
Ek sê nie dat julle soos nonne of kloosterkoeke moet aantrek nie - maar regtig - 5 cm langer, asb?

ass,
Broek,
broekies,
kloosterkoeke,
langer,
nonne,
persoonlikheid,
poplap,
romp,
rompies,
selfrespek,
sleg
Sunday, 25 August 2013
Myack-myack-myack die hele dag deur...
Ek kom agter dat ek redelik baie blog oor dinge wat my irriteer, so hier's 'n lekker een...
KOUGOM!
As ek in die somer nog so lekker met my kaal knieë in die klas sit en ewe skielik raak my een knieg aan 'n ou, grillerige kougom-bal aan die onderkant van die skoolbank, dan verloor ek dit sommer net daar.
Ek loop alte jolig in by Spar, gryp 'n mandjie so in die verby gaan en BOOM - kougom vingers!
En dan om nie eers te praat van in kougom trap nie!
Al dié dinge dryf my teen die mure uit, maar jy kan altyd jouself skoon skrop of nuwe skoene koop. Die een ding omtrent kougom wat vir my die héél ergste is, is as iemand met my praat met 'n stuk kougom in die mond.
Alles daaromtrent laat my grill. Die ge-myack-myack-myack wat jou mond maak wanneer jy kou, die vreemde reuk van jou asem en dan die klein sirkeltjie wat op jou kiestande gaan lê wanneer jy praat... BLEHG!!
As ek met jou 'n gesprek voer en jy is besig om kougom te kou, kry ek so 'n groot urge om jou ken vas te gryp met my een hand, my ander hand in jou mond in te druk en daardie pes van 'n ding uit sy comfort-zone, daar op jou kiestande, uit te ruk!
Maar dan herinner ek myself daaraan dat ek geen idee het waar jou mond al oral was of wanneer laas jy tande geborsel het nie en ek hou myself eerder in.
Dit voel of almal heeldag loop en kougom kou! Ek kan nie verstaan hoekom nie... Binne 5 minute proe dit soos 'n stuk rubber wat op en af bons in jou mond! Maar o, wag, jy't nog 'n hele pakkie chappies in jou sak! Moet net nie dat die massas dit sien nie...
Maar in elkgeval - dis nog een ding wat my irriteer. As ek so aanhou moet ek dalk my blog verander na 'Ani-kla'.
Ha-ha - nooit nie.

Thursday, 1 August 2013
JIP - 'Tree nou op soos leiers'
Leiersverkiesing is om die draai vir die meeste gr. 11’s, en dit beteken baie fake-glimlagte, buitengewoon vriendelike mense, gatkruipers, maagpyn en, en, en...
Ek weet nie of dit net in my skool so is nie, maar hoe nader die verkiesing kom, hoe meer praat die onderwysers met ons oor ons gedrag. “Dis tyd dat julle begin optree soos leiers!”
Ek het ’n probleem in hierdie situasie. Sien, jy moet verkies word omdat jy dit verdien, nie omdat jy ewe skielik, omdat almal raas en mooi vra, soos ’n leier begin optree nie!
As ek nog een speech moet hoor oor hoe ons moet “bykom” of “onsself regruk”, gaan ek dalk net ontplof. Almal wil hê ons moet ons gedrag verander, maar dan...
Labels:
afrikaans,
ani-klets,
Anike,
bk,
eerlik,
gatkruipers,
hoërskool,
jip,
kinders,
leerders,
leiers,
leiersverkiesing,
maagpyn,
onderwysers,
prefekte,
skool,
tieners
Sunday, 28 July 2013
Respek is 'n moeilike ding...
As daar nou een ding is wat my teen die mure uitdryf, is dit wanneer 'n kind nie 'n onderwyser respekteer nie.
Okay, ek weet ons leef in 'n post-modernistiese era. Post-moderniste doen wat hulle wil. Hulle sê 'hoekom moet ek dit doen?' of 'hoekom kan ek dit nie doen nie?' maar daar kom tye in 'n mens se lewe waar jy nie net kan doen wat jy wil nie!
Dit pla my verskriklik as die mense in my klas nie respek het vir 'n onderwyser nie. Die argument is altyd dieselfde - 'hoekom moet ek respek vir onderwysers hê as hulle nie respek vir my het nie?' In so opsig is daar nie vir my 'n 'hoekom?' nie, jy moet dit net doen. Jy moet respek hê vir 'n onderwyser.
As die onnie jou sleg of onregverdig behandel, help dit jou niks om ongeskik terug te wees nie, almal weet dit! Almal wil dit net nie altyd erken nie... Die onderwyser is in 'n hoër magsposisie as jy - hy/sy kan die lewe vir jou so moeilik maak! Die onnie skryf vir jou negatiewe punte, jy sit detensie, jy raak negatief oor een van jou gunsteling vakke, jy kry swak punte, en en en...
Dis 'n bose kringloop... Uit 'n kind se oogpunt is dit altyd die onderwyser wat dit begin het, maar dit is nie altyd die geval nie. Jy kan niks doen aan 'n onderwyser wat ongeskik is, of wat net plain weg nie van jou hou nie.
Die maklikste oplossing is om net jou trots te sluk. Bly stil, moenie terug praat nie, skree aan die binnekant, skryf 'n heavy metal 'ek-haat-onderwysers' liedjie, doen net enige iets anders as om terug ongeskik te wees. Dit is nie maklik nie, maar dis baie beter as om detensie te sit...
Anyway...
Gotta go slice a pie..
Anike x

Sunday, 21 July 2013
Caspar Lee... 'nuff said!
Vir die van julle wat nog nie Caspar Lee se YouTube video's gekyk het nie - SHAME ON YOU!
Ek moes ophou kyk, want ek het nog regtig baie huiswerk om te doen, maar OOOOOH MY WORD, ek LOVE sy video's. Dis hilarious... en hy's so mooi... =P
Ek is super jaloers op hoe famous hy is... Ek wou al my eie video's post op YouTube, maar ek dink altyd dat niemand daarvan sal hou nie. Fear of rejection! Ek het ook nie 'n videokamera nie...
Ek dink actually ek gaan begin video's post... dan is daar natuurlik die groot vraag... Afrikaans of Engels?
Afrikaans is makliker, want dit is my huistaal, maaaaar soveel meer mense praat Engels.. Also, mense sal dalk ook hou van my Engelse aksent... Comment asb as jy inset wil lewer ;) Onthou net dat ek ook gevoelens het, so BE NICE! =P
Ek kan nie oor dit kom nie, CASPAR LEE SE VIDEO'S IS AWESOME! Hy is officially my inspirasie.
Ek wonder ook altyd of ek wil hê mense moet my video's sien. hmm... Okay, kom oor dit! If you never try, you'll never know!
Nog mense wat my regtig erg inspireer is die MIWATCH meisies - Mieke en Ingrid. Ek is baie trots om te kan sê dat ek hulle ken. Vir die van julle wat nog nie hulle blog uitgecheck het nie - SHAME ON YOU!
Okay, well... Gotta go wax a goat!
xx
Friday, 5 July 2013
Ek sukkel.
Ek het meer as 'n maand laas gepost. Daar is so baie wat aangaan in my lewe... Van skryf vir JIP, tot die eksamen wat verby is, tot die verbrokkeling van my hart...
Die waarheid is: Ek sukkel.
Ek sukkel om wat aangaan in my lewe te deel met ander mense, ek sukkel om mense te vertrou, maar hoekom moet ek? Hoekom moet ek vir ander mense, wat tien teen een nie eers omgee nie, my diepste, donkerste geheime vertel? Nie dat my geheime juis so diep en donker is nie - meer soos vlak en grys.
Ek sukkel om kreatief te wees. Ek sukkel om te skryf. Dis hoekom ek so lank laas gepost het. Ek voel dat mense nie gaan hou van wat ek doen nie, so ek hou dit eerder vir myself. Ek hou alles eerder in as wat ek dit uitlaat en ek word afgeskiet en verwerp.
Ek sukkel om uit die bed uit te kom - ek wil net die heeltyd lê. Ek weet dis half normaal vir 'n tiener, maar nie so erg soos wat dit nou voel vir my nie. Ek wil nie mense sien nie, ek wil nie kuier nie, ek wil net niks doen nie! Tog is ek so geirriteerd daarmee om net by die huis te sit. Ek wil uitgaan, maar ek het nie die wilskrag nie. Ek sukkel.
Ek het nogsteeds nie vir enige iemand vertel van my blog nie - soos ek gesê het, ek is bang mense hou nie van wat ek doen nie.
Ek tree oor 'n week op by Stoep... My eerste optrede voor mense. Ek is so senuweeagtig, dis nie eers meer snaaks nie. Ek wil hê mense moet my hoor sing, maar ek het 'n vrees vir verwerping. Ek vrees dat mense nie daarvan sal hou nie. Ek wil so graag eendag 'n loopbaan maak uit my musiek uit, maar as mense nie daarvan hou nie, hoe kan ek?
Ek sukkel. Ek sukkel!!!
Help?

Monday, 3 June 2013
Opstel: Skakel af!
“Mense neem elke dag so
baie informasie in, dat hulle stadig, maar seker hulle algemene kennis
verloor.”
Ek weet nie wie hierdie
stelling gemaak het nie, maar binne tien sekondes sal my selfoon vir my die
antwoord kan gee. Blitsvinnig.
Daar is beslis baie
voordele verbonde aan tegnologiese vooruitgang, maar hoe slimmer die selfone
word, hoe dommer word die mense...
Skakel af.
Kom ‘n bietjie tot
stilstand, sodat jou sien jou liggaam kan inhaal.
Praat met die mense voor
jou. Luister na die mense om jou. Dis hoe die lewe veronderstel is om te wees.
Wat is so dringend om te
sê dat dit nie kan wag totdat jy die persoon weer sien nie? Is dit so belangrik om elke liewe sepie op
televisie te volg? Is dit nodig om alles
wat in jou lewe aangaan met al jou – sogenaamde – “vriende” te deel?
Soms moet die liggies
net agfesit word. Die DVD-speler, PVR,
DSTV, CD-speler – al die akroniem-toestelle – net stilgemaak word.
Skakel af!
Ek voel dat ‘n groot
deel van die mensdom – veral die jeug – die kuns om sinvol alleen te wees,
afgeleer het.
Nog interpersoonlike
vaardighede wat erg skipbreuk ly, is die eeue oue kuns om te gesels.
Daar moet gesprekke
gevoer word – regte gesprekke! Nie ‘n
telefoon-oproep, SMS, BBM (nóg akronieme) e-pos of enige ander vorm van
elektroniese boodskap nie. Regte
gesprekke.
Dit is amper asof mense
nie meer met mekaar kán praat nie.
SKAKEL AF!
Ek wil jou graag in die
oë kyk as ek met jou praat. Ek wil jou
handgebare en gesigsuitdrukkings sien!
Emosies word gereduseer
tot enkele leestekens en ‘n paar afkortings.
Skakel af.
Praat met die mense om
jou. Sit jou selfoon weg, kyk jou
vriende in die oë – basiese kommunikasievaardighede!
Luister na wat vir jou
gesê word. Moenie so behep met tegnologie
wees dat jou lewe vir jou wegloop nie.
Skakel af!
Voer ‘n gesprek, kyk
mekaar in die oë, luister!
Haal jou oorfone af,
beweeg weg van die televisie af, bêre jou rekenaar, selfoon, slimfoon,
tablet...
SKAKEL NET AF!
Tuesday, 28 May 2013
O my siel - ek's besig...
Kort blog, net sodat ek nie vergeet ek het actually 'n blog nie!
Daar was laas week Nellies Got Talent by my skool en ek gaan 'n volledige post doen daaroor sodra hierdie flippen Junie-eksamen klaar is. Gepraat van Junie-eksamen - ek het vandag 'n awesom Afrikaanse opstel geskryf! Wanneer ek dit eventually terug kry gaan hy ook beslis gepost word.. Miskien kan ek my ou opstelle ook post... hmm..
So... I posted my first awesome meme! Ek het al meme's gepost op 9GAG, maar niemand het dit rerig gelike nie... Toe kry ek 2 funny foto's in die hande - and so the Raymond meme and the Joshua meme were born!
http://9gag.com/gag/aKwb5YQ Die Raymond meme - net meer as 500 likes binne 24 uur.
http://9gag.com/gag/aBRD5oO Die Joshua meme - net meer as 300 likes binne 24 uur.
Gaan check dit uit, of whatever... =P
Meer dan later...
Gotta go create a meme
Anike

Monday, 20 May 2013
Die Groot Gat in jou Gesig...
Daar is nét soveel maniere om te sê "bly stil" en 'n mens kan dit ook net soveel keer sê voor jy dit totaal en al verloor.
Saal-opening. Ek wou dit verloor. Almal weet dat jy veronderstel is om stil te bly wanneer ons by die saal in loop soos minions, maar niemand doen dit nie! Almal gesels en kuier en lag so hard dat hulle nie eers hoor hoe die mnr. sê om stil te bly nie! Dit veroorsaak dan dat dit langer vat voor ons begin wat maak dat pouse korter is. Thank you, selfish teenagers.
Dis ook 'n manier om respek te toon, of in die geval nié te toon nie. As iemand anders praat, bly jy stil! Maak nie saak hoe graag jy iets wil sê nie! Maak nie saak of dit jou begin brand van binne af soos 'n veldbrand nie - jy hou die gat in jou gesig toe... Ek sal nooit 'n onderwyser kan word nie, wat O MY SIEL, kinders het nie respek nie.
Bly stil, shut your pie hole, hush up, tone it down a notch, maak die gat in jou gesig toe, shhhhht, of die altyd gewilde, maar kras STFU (uhm, ja, ma en pa, as julle hierdie lees, ek praat nie so nie, hierdie is 'n veralgemening van hoërskool...)
So asseblief tog, bly stil wanneer jy moet stil bly! In die saal, koshuis-studietyd, kerk, by 'n begrafnis, in die kroeg, waaaaar ookal, hou net die groot gat in die Suidelike deel van jou gesig toe wanneer dit moet toe wees.
Meer later...
Gotta go teach hobos propper spelling
Anike
Subscribe to:
Posts (Atom)