Showing posts with label afrikaans. Show all posts
Showing posts with label afrikaans. Show all posts

Wednesday, 18 December 2013

Language Barrier

I normally blog in Afrikaans, my home language, but recently I've been thinking that an English post here or there can't do any harm...? I don't think I will ever just post in English, because I write more comfortably in Afrikaans, but there are so many more English than Afrikaans Internet users out there.

I don't know if this will become a thing, but it is possible that I will occasionally post something in English, seeing as my fan-club is growing already ;)

Speaking of my fan-club, for those of you who don't know, I have a YouTube channel - The Middle Child. I have been stuck on 93 subscribers for a few weeks now. For someone who hasn't been posting videos for that long, I think it is a pretty big number, but I wouldn't mind some growth.

Why do subs matter?

1. The more subscribers I have, the better I feel about myself because I don't have any friends and need to feel love from Internet people...
2. Subscribers receive an email whenever I upload a new video, so you never miss out on the awesomeness :D
3. More subs mean more advertisement of my channel and videos across YouTube, so more people can accidentally stumble across my channel and my channel can also be found more easily if someone were to Google it ;)

So, pretty pretty pretty please go and subscribe to my YouTube channel if you haven't already. You won't lose anything and you will make me extremely happy. Also, if you don't subscribe, a cat might die, so do it for the kittens..

How to subscribe:
*Log into YouTube with your YouTube/Gmail/Google account (One account. All of Google)
*Don't have an account? Create one =D it's FREE!
*Logged in? Click this link.
*Click on the SUBSCRIBE button
*Receive a FREE invisible penguin!






JOIN THE FAN CLUB! :D
you know you want to =)

Saturday, 28 September 2013

Respekteer tog die kunstenaars?

Ek weet dat die meeste van my posts oor een of ander vorm van respek gaan, maar dié is een wat my nou al 'n hele ruk pla...

In my lewe kry ek baie te doen met konserte, toesprake, die verhoog, optredes ensovoorts en by sulke geleenthede is daar een ding wat ek nie kan verdra nie - as mense nie die kunstenaar respekteer nie!

Elke liewe vorm van optree is 'n kuns - redenaars, sang, debat, drama, you name it! Dit is alles 'n kunsvorm en ek is moeg daarvoor dat mense dit nie respekteer nie. Hoe moeilik is dit om stil te bly terwyl iemand besig is om sy siel te openbaar?

Die meeste mense in die gehoor weet nie hoe dit voel om voor mense op te tree nie - hulle weet nie hoe dit voel om jou hart uit te stort voor mense nie, hulle sal heelwaarskynlik nooit weet nie! Dit vat BAIE moed om voor mense op te tree.

Ek is seker dat my ander kunstenaarsvriende met my sal saam stem - dis regtig nie lekker om 'n onderlangse gebrom te hoor terwyl jy jou passie uitleef nie.

Fine, dit was dalk nie noodwendig jou keuse om dit te kyk nie - soos bv 'n dramastuk by die prysuitdeling - jy het nie gekies om dit te kyk nie en jy wil ook nie, so hoekom moet jy stil bly en dan hande klap as dit verby is?

Ek sal jou sê hoekom - want dis wat 'n mens doen! Jy respekteer die persoon op die verhoog, jy bly stil vir 5 minute en jy luister! Wie weet, dalk leer jy iets?

Daar is amper niks vir my so sleg soos wanneer mense praat terwyl ek optree nie. Terwyl ek my klavierstuk gespeel het by Nellies Got Talent het die mense in die gehoor so hard met mekaar gesels DAT EK KON HOOR WAT HULLE Sê!

Dit ontmoedig 'n mens - dit laat jou wonder hoekom jy doen wat jy doen.

Maar dan tree jy op voor 'n great gehoor, jy kan sien hoe die mense actually luister na wat jy sê, mense lag wanner jy 'n grap maak, hulle klap hande as jy klaar is - en dan onthou jy hoekom jy doen wat jy doen...

Sunday, 25 August 2013

Myack-myack-myack die hele dag deur...

Ek kom agter dat ek redelik baie blog oor dinge wat my irriteer, so hier's 'n lekker een...

KOUGOM!

As ek in die somer nog so lekker met my kaal knieë in die klas sit en ewe skielik raak my een knieg aan 'n ou, grillerige kougom-bal aan die onderkant van die skoolbank, dan verloor ek dit sommer net daar.

Ek loop alte jolig in by Spar, gryp 'n mandjie so in die verby gaan en BOOM - kougom vingers!

En dan om nie eers te praat van in kougom trap nie!

Al dié dinge dryf my teen die mure uit, maar jy kan altyd jouself skoon skrop of nuwe skoene koop. Die een ding omtrent kougom wat vir my die héél ergste is, is as iemand met my praat met 'n stuk kougom in die mond.

Alles daaromtrent laat my grill. Die ge-myack-myack-myack wat jou mond maak wanneer jy kou, die vreemde reuk van jou asem en dan die klein sirkeltjie wat op jou kiestande gaan lê wanneer jy praat... BLEHG!!

As ek met jou 'n gesprek voer en jy is besig om kougom te kou, kry ek so 'n groot urge om jou ken vas te gryp met my een hand, my ander hand in jou mond in te druk en daardie pes van 'n ding uit sy comfort-zone, daar op jou kiestande, uit te ruk!

Maar dan herinner ek myself daaraan dat ek geen idee het waar jou mond al oral was of wanneer laas jy tande geborsel het nie en ek hou myself eerder in.

Dit voel of almal heeldag loop en kougom kou! Ek kan nie verstaan hoekom nie... Binne 5 minute proe dit soos 'n stuk rubber wat op en af bons in jou mond! Maar o, wag, jy't nog 'n hele pakkie chappies in jou sak! Moet net nie dat die massas dit sien nie...

Maar in elkgeval - dis nog een ding wat my irriteer. As ek so aanhou moet ek dalk my blog verander na 'Ani-kla'.

Ha-ha - nooit nie.

Thursday, 1 August 2013

JIP - 'Tree nou op soos leiers'

Leiersverkiesing is om die draai vir die meeste gr. 11’s, en dit beteken baie ­fake-glimlagte, buitengewoon vriendelike mense, gatkruipers, maagpyn en, en, en...

Ek weet nie of dit net in my skool so is nie, maar hoe nader die verkiesing kom, hoe meer praat die onderwysers met ons oor ons gedrag. “Dis tyd dat julle begin optree soos leiers!”
Ek het ’n probleem in hierdie situasie. Sien, jy moet verkies word omdat jy dit verdien, nie omdat jy ewe skielik, omdat almal raas en mooi vra, soos ’n leier begin optree nie!

As ek nog een speech moet hoor oor hoe ons moet “bykom” of “onsself regruk”, gaan ek dalk net ontplof. Almal wil hê ons moet ons gedrag verander, maar dan...

Lees die res van my rubriek hier

Sunday, 28 July 2013

Respek is 'n moeilike ding...

As daar nou een ding is wat my teen die mure uitdryf, is dit wanneer 'n kind nie 'n onderwyser respekteer nie.

Okay, ek weet ons leef in 'n post-modernistiese era. Post-moderniste doen wat hulle wil. Hulle sê 'hoekom moet ek dit doen?' of 'hoekom kan ek dit nie doen nie?' maar daar kom tye in 'n mens se lewe waar jy nie net kan doen wat jy wil nie!

Dit pla my verskriklik as die mense in my klas nie respek het vir 'n onderwyser nie. Die argument is altyd dieselfde - 'hoekom moet ek respek vir onderwysers hê as hulle nie respek vir my het nie?' In so opsig is daar nie vir my 'n 'hoekom?' nie, jy moet dit net doen. Jy moet respek hê vir 'n onderwyser.

As die onnie jou sleg of onregverdig behandel, help dit jou niks om ongeskik terug te wees nie, almal weet dit! Almal wil dit net nie altyd erken nie... Die onderwyser is in 'n hoër magsposisie as jy - hy/sy kan die lewe vir jou so moeilik maak! Die onnie skryf vir jou negatiewe punte, jy sit detensie, jy raak negatief oor een van jou gunsteling vakke, jy kry swak punte, en en en...

Dis 'n bose kringloop... Uit 'n kind se oogpunt is dit altyd die onderwyser wat dit begin het, maar dit is nie altyd die geval nie. Jy kan niks doen aan 'n onderwyser wat ongeskik is, of wat net plain weg nie van jou hou nie.

Die maklikste oplossing is om net jou trots te sluk. Bly stil, moenie terug praat nie, skree aan die binnekant, skryf 'n heavy metal 'ek-haat-onderwysers' liedjie, doen net enige iets anders as om terug ongeskik te wees. Dit is nie maklik nie, maar dis baie beter as om detensie te sit...

Anyway...

Gotta go slice a pie..
Anike x

Sunday, 21 July 2013

Caspar Lee... 'nuff said!

Vir die van julle wat nog nie Caspar Lee se YouTube video's gekyk het nie - SHAME ON YOU!

Ek moes ophou kyk, want ek het nog regtig baie huiswerk om te doen, maar OOOOOH MY WORD, ek LOVE sy video's. Dis hilarious... en hy's so mooi... =P

Ek is super jaloers op hoe famous hy is... Ek wou al my eie video's post op YouTube, maar ek dink altyd dat niemand daarvan sal hou nie. Fear of rejection! Ek het ook nie 'n videokamera nie... 

Ek dink actually ek gaan begin video's post... dan is daar natuurlik die groot vraag... Afrikaans of Engels?

Afrikaans is makliker, want dit is my huistaal, maaaaar soveel meer mense praat Engels.. Also, mense sal dalk ook hou van my Engelse aksent... Comment asb as jy inset wil lewer ;) Onthou net dat ek ook gevoelens het, so BE NICE! =P

Ek kan nie oor dit kom nie, CASPAR LEE SE VIDEO'S IS AWESOME! Hy is officially my inspirasie. 

Ek wonder ook altyd of ek wil hê mense moet my video's sien. hmm... Okay, kom oor dit! If you never try, you'll never know! 

Nog mense wat my regtig erg inspireer is die MIWATCH meisies - Mieke en Ingrid. Ek is baie trots om te kan sê dat ek hulle ken. Vir die van julle wat nog nie hulle blog uitgecheck het nie - SHAME ON YOU! 

Okay, well... Gotta go wax a goat!
xx