Showing posts with label sukkel. Show all posts
Showing posts with label sukkel. Show all posts

Monday, 25 November 2013

JIP: Clichés, oral waar jy kyk...

Die wêreld is een groot cliché... Dié sin is selfs teen hierdie tyd ’n cliché.

Ek het gesukkel om ’n onderwerp te kies om oor te skryf, want alles waaraan ek dink, is al so holrug gery: eksamen, einde-van-die-jaar-sindroom, vakansie, wees jouself, die verkiesing, tienersterre wat handuit ruk, en en en (oeps, nog een).

Dink byvoorbeeld aan flieks: “I wil be back”; “Frankly, my dear, I don’t give a…”; “May the force be with you”; “To infinity and beyond”; “Elementary, my dear Watson”; “Life is like a box of chocolates…”; “Luke, I am your father!”; “You can’t handle the truth”; “Make a hole, people, make a hole!"... Genoeg gesê?

Dan is daar die Facebook-clichés... 


Lees die res hier.

Monday, 22 July 2013

Teikengehoor

Ek praat vanoggend met 'n vriendin oor my YouTube spree die naweek... Ons kom toe tot die gevolgtrekking dat ons nie video's wil maak nie, want ons wil nie hê mense wat ons ken moet dit sien nie!

Dis moeilik om te verduidelik, maar dit kom daarop neer dat ons wil hê ander mense moet ons blogs en vlogs sien, maar nie vriende en familie nie.

Ek is van plan om 'n YouTuber te word (ek werk aan my eerste video) en ek sal dit love as mense van my video's hou. Die probleem is net dat ek nie wil hoor wat die mense na aan my dink nie! Ek wil nie by die skool hoor dat my nuwe video nie so goed was soos die vorige een nie, of dat daar baie beter blogs is as myne nie!

As die kommentaar van ander, onbekende mense af kom waardeer 'n mens die positiewe soveel meer. Jy kan ook baie makliker die negatiewe ignoreer en jy hoef nie te probeer verduidelik waarom jy doen wat jy doen nie!

Ek het al daaraan gedink om my naam te verander, 'n ander identity te skep en so famous te word! Dit sal egter nie werk nie, want wie sal my video's kyk? Wie sal my tweets lees as ek niemand het wat my follow nie, want niemand weet wie ek is nie? (Gepraat van Twitter, ek staan nou op 254 followers! =D)

'n Mens het vriende en familie nodig om jou blog/vlog van die grond af te kry! Jy moet dit deel met mense wat jou ken, mense wat op die link sal gaan kliek. Mense wat wil sien hoe jy jou naam gat maak. Mense wat dit dan met hulle vriende en familie sal share.

Ongelukkig vir dié van ons wat eintlik baie skaam is, gaan vriende en familie beslis ons blog lees en ons video's kyk. Ons gaan kommentaar kry daaroor. Positief en negatief.

Hopelik is dit alles die moeite werd.

Gotta go jam my bread!
xx

Friday, 5 July 2013

Ek sukkel.

Ek het meer as 'n maand laas gepost. Daar is so baie wat aangaan in my lewe... Van skryf vir JIP, tot die eksamen wat verby is, tot die verbrokkeling van my hart...

Die waarheid is: Ek sukkel.

Ek sukkel om wat aangaan in my lewe te deel met ander mense, ek sukkel om mense te vertrou, maar hoekom moet ek? Hoekom moet ek vir ander mense, wat tien teen een nie eers omgee nie, my diepste, donkerste geheime vertel? Nie dat my geheime juis so diep en donker is nie - meer soos vlak en grys.

Ek sukkel om kreatief te wees. Ek sukkel om te skryf. Dis hoekom ek so lank laas gepost het. Ek voel dat mense nie gaan hou van wat ek doen nie, so ek hou dit eerder vir myself. Ek hou alles eerder in as wat ek dit uitlaat en ek word afgeskiet en verwerp.

Ek sukkel om uit die bed uit te kom - ek wil net die heeltyd lê. Ek weet dis half normaal vir 'n tiener, maar nie so erg soos wat dit nou voel vir my nie. Ek wil nie mense sien nie, ek wil nie kuier nie, ek wil net niks doen nie! Tog is ek so geirriteerd daarmee om net by die huis te sit. Ek wil uitgaan, maar ek het nie die wilskrag nie. Ek sukkel.

Ek het nogsteeds nie vir enige iemand vertel van my blog nie - soos ek gesê het, ek is bang mense hou nie van wat ek doen nie.

Ek tree oor 'n week op by Stoep... My eerste optrede voor mense. Ek is so senuweeagtig, dis nie eers meer snaaks nie. Ek wil hê mense moet my hoor sing, maar ek het 'n vrees vir verwerping. Ek vrees dat mense nie daarvan sal hou nie. Ek wil so graag eendag 'n loopbaan maak uit my musiek uit, maar as mense nie daarvan hou nie, hoe kan ek?

Ek sukkel. Ek sukkel!!!

Help?