Ek praat vanoggend met 'n vriendin oor my YouTube spree die naweek... Ons kom toe tot die gevolgtrekking dat ons nie video's wil maak nie, want ons wil nie hê mense wat ons ken moet dit sien nie!
Dis moeilik om te verduidelik, maar dit kom daarop neer dat ons wil hê ander mense moet ons blogs en vlogs sien, maar nie vriende en familie nie.
Ek is van plan om 'n YouTuber te word (ek werk aan my eerste video) en ek sal dit love as mense van my video's hou. Die probleem is net dat ek nie wil hoor wat die mense na aan my dink nie! Ek wil nie by die skool hoor dat my nuwe video nie so goed was soos die vorige een nie, of dat daar baie beter blogs is as myne nie!
As die kommentaar van ander, onbekende mense af kom waardeer 'n mens die positiewe soveel meer. Jy kan ook baie makliker die negatiewe ignoreer en jy hoef nie te probeer verduidelik waarom jy doen wat jy doen nie!
Ek het al daaraan gedink om my naam te verander, 'n ander identity te skep en so famous te word! Dit sal egter nie werk nie, want wie sal my video's kyk? Wie sal my tweets lees as ek niemand het wat my follow nie, want niemand weet wie ek is nie? (Gepraat van Twitter, ek staan nou op 254 followers! =D)
'n Mens het vriende en familie nodig om jou blog/vlog van die grond af te kry! Jy moet dit deel met mense wat jou ken, mense wat op die link sal gaan kliek. Mense wat wil sien hoe jy jou naam gat maak. Mense wat dit dan met hulle vriende en familie sal share.
Ongelukkig vir dié van ons wat eintlik baie skaam is, gaan vriende en familie beslis ons blog lees en ons video's kyk. Ons gaan kommentaar kry daaroor. Positief en negatief.
Hopelik is dit alles die moeite werd.
Gotta go jam my bread!
xx
Showing posts with label vlog. Show all posts
Showing posts with label vlog. Show all posts
Monday, 22 July 2013
Sunday, 21 July 2013
Caspar Lee... 'nuff said!
Vir die van julle wat nog nie Caspar Lee se YouTube video's gekyk het nie - SHAME ON YOU!
Ek moes ophou kyk, want ek het nog regtig baie huiswerk om te doen, maar OOOOOH MY WORD, ek LOVE sy video's. Dis hilarious... en hy's so mooi... =P
Ek is super jaloers op hoe famous hy is... Ek wou al my eie video's post op YouTube, maar ek dink altyd dat niemand daarvan sal hou nie. Fear of rejection! Ek het ook nie 'n videokamera nie...
Ek dink actually ek gaan begin video's post... dan is daar natuurlik die groot vraag... Afrikaans of Engels?
Afrikaans is makliker, want dit is my huistaal, maaaaar soveel meer mense praat Engels.. Also, mense sal dalk ook hou van my Engelse aksent... Comment asb as jy inset wil lewer ;) Onthou net dat ek ook gevoelens het, so BE NICE! =P
Ek kan nie oor dit kom nie, CASPAR LEE SE VIDEO'S IS AWESOME! Hy is officially my inspirasie.
Ek wonder ook altyd of ek wil hê mense moet my video's sien. hmm... Okay, kom oor dit! If you never try, you'll never know!
Nog mense wat my regtig erg inspireer is die MIWATCH meisies - Mieke en Ingrid. Ek is baie trots om te kan sê dat ek hulle ken. Vir die van julle wat nog nie hulle blog uitgecheck het nie - SHAME ON YOU!
Okay, well... Gotta go wax a goat!
xx
Subscribe to:
Posts (Atom)