Ek praat vanoggend met 'n vriendin oor my YouTube spree die naweek... Ons kom toe tot die gevolgtrekking dat ons nie video's wil maak nie, want ons wil nie hê mense wat ons ken moet dit sien nie!
Dis moeilik om te verduidelik, maar dit kom daarop neer dat ons wil hê ander mense moet ons blogs en vlogs sien, maar nie vriende en familie nie.
Ek is van plan om 'n YouTuber te word (ek werk aan my eerste video) en ek sal dit love as mense van my video's hou. Die probleem is net dat ek nie wil hoor wat die mense na aan my dink nie! Ek wil nie by die skool hoor dat my nuwe video nie so goed was soos die vorige een nie, of dat daar baie beter blogs is as myne nie!
As die kommentaar van ander, onbekende mense af kom waardeer 'n mens die positiewe soveel meer. Jy kan ook baie makliker die negatiewe ignoreer en jy hoef nie te probeer verduidelik waarom jy doen wat jy doen nie!
Ek het al daaraan gedink om my naam te verander, 'n ander identity te skep en so famous te word! Dit sal egter nie werk nie, want wie sal my video's kyk? Wie sal my tweets lees as ek niemand het wat my follow nie, want niemand weet wie ek is nie? (Gepraat van Twitter, ek staan nou op 254 followers! =D)
'n Mens het vriende en familie nodig om jou blog/vlog van die grond af te kry! Jy moet dit deel met mense wat jou ken, mense wat op die link sal gaan kliek. Mense wat wil sien hoe jy jou naam gat maak. Mense wat dit dan met hulle vriende en familie sal share.
Ongelukkig vir dié van ons wat eintlik baie skaam is, gaan vriende en familie beslis ons blog lees en ons video's kyk. Ons gaan kommentaar kry daaroor. Positief en negatief.
Hopelik is dit alles die moeite werd.
Gotta go jam my bread!
xx
Showing posts with label kreatief. Show all posts
Showing posts with label kreatief. Show all posts
Monday, 22 July 2013
Friday, 5 July 2013
Ek sukkel.
Ek het meer as 'n maand laas gepost. Daar is so baie wat aangaan in my lewe... Van skryf vir JIP, tot die eksamen wat verby is, tot die verbrokkeling van my hart...
Die waarheid is: Ek sukkel.
Ek sukkel om wat aangaan in my lewe te deel met ander mense, ek sukkel om mense te vertrou, maar hoekom moet ek? Hoekom moet ek vir ander mense, wat tien teen een nie eers omgee nie, my diepste, donkerste geheime vertel? Nie dat my geheime juis so diep en donker is nie - meer soos vlak en grys.
Ek sukkel om kreatief te wees. Ek sukkel om te skryf. Dis hoekom ek so lank laas gepost het. Ek voel dat mense nie gaan hou van wat ek doen nie, so ek hou dit eerder vir myself. Ek hou alles eerder in as wat ek dit uitlaat en ek word afgeskiet en verwerp.
Ek sukkel om uit die bed uit te kom - ek wil net die heeltyd lê. Ek weet dis half normaal vir 'n tiener, maar nie so erg soos wat dit nou voel vir my nie. Ek wil nie mense sien nie, ek wil nie kuier nie, ek wil net niks doen nie! Tog is ek so geirriteerd daarmee om net by die huis te sit. Ek wil uitgaan, maar ek het nie die wilskrag nie. Ek sukkel.
Ek het nogsteeds nie vir enige iemand vertel van my blog nie - soos ek gesê het, ek is bang mense hou nie van wat ek doen nie.
Ek tree oor 'n week op by Stoep... My eerste optrede voor mense. Ek is so senuweeagtig, dis nie eers meer snaaks nie. Ek wil hê mense moet my hoor sing, maar ek het 'n vrees vir verwerping. Ek vrees dat mense nie daarvan sal hou nie. Ek wil so graag eendag 'n loopbaan maak uit my musiek uit, maar as mense nie daarvan hou nie, hoe kan ek?
Ek sukkel. Ek sukkel!!!
Help?

Monday, 3 June 2013
Opstel: Skakel af!
“Mense neem elke dag so
baie informasie in, dat hulle stadig, maar seker hulle algemene kennis
verloor.”
Ek weet nie wie hierdie
stelling gemaak het nie, maar binne tien sekondes sal my selfoon vir my die
antwoord kan gee. Blitsvinnig.
Daar is beslis baie
voordele verbonde aan tegnologiese vooruitgang, maar hoe slimmer die selfone
word, hoe dommer word die mense...
Skakel af.
Kom ‘n bietjie tot
stilstand, sodat jou sien jou liggaam kan inhaal.
Praat met die mense voor
jou. Luister na die mense om jou. Dis hoe die lewe veronderstel is om te wees.
Wat is so dringend om te
sê dat dit nie kan wag totdat jy die persoon weer sien nie? Is dit so belangrik om elke liewe sepie op
televisie te volg? Is dit nodig om alles
wat in jou lewe aangaan met al jou – sogenaamde – “vriende” te deel?
Soms moet die liggies
net agfesit word. Die DVD-speler, PVR,
DSTV, CD-speler – al die akroniem-toestelle – net stilgemaak word.
Skakel af!
Ek voel dat ‘n groot
deel van die mensdom – veral die jeug – die kuns om sinvol alleen te wees,
afgeleer het.
Nog interpersoonlike
vaardighede wat erg skipbreuk ly, is die eeue oue kuns om te gesels.
Daar moet gesprekke
gevoer word – regte gesprekke! Nie ‘n
telefoon-oproep, SMS, BBM (nóg akronieme) e-pos of enige ander vorm van
elektroniese boodskap nie. Regte
gesprekke.
Dit is amper asof mense
nie meer met mekaar kán praat nie.
SKAKEL AF!
Ek wil jou graag in die
oë kyk as ek met jou praat. Ek wil jou
handgebare en gesigsuitdrukkings sien!
Emosies word gereduseer
tot enkele leestekens en ‘n paar afkortings.
Skakel af.
Praat met die mense om
jou. Sit jou selfoon weg, kyk jou
vriende in die oë – basiese kommunikasievaardighede!
Luister na wat vir jou
gesê word. Moenie so behep met tegnologie
wees dat jou lewe vir jou wegloop nie.
Skakel af!
Voer ‘n gesprek, kyk
mekaar in die oë, luister!
Haal jou oorfone af,
beweeg weg van die televisie af, bêre jou rekenaar, selfoon, slimfoon,
tablet...
SKAKEL NET AF!
Subscribe to:
Posts (Atom)