Showing posts with label skool. Show all posts
Showing posts with label skool. Show all posts

Sunday, 25 August 2013

Myack-myack-myack die hele dag deur...

Ek kom agter dat ek redelik baie blog oor dinge wat my irriteer, so hier's 'n lekker een...

KOUGOM!

As ek in die somer nog so lekker met my kaal knieë in die klas sit en ewe skielik raak my een knieg aan 'n ou, grillerige kougom-bal aan die onderkant van die skoolbank, dan verloor ek dit sommer net daar.

Ek loop alte jolig in by Spar, gryp 'n mandjie so in die verby gaan en BOOM - kougom vingers!

En dan om nie eers te praat van in kougom trap nie!

Al dié dinge dryf my teen die mure uit, maar jy kan altyd jouself skoon skrop of nuwe skoene koop. Die een ding omtrent kougom wat vir my die héél ergste is, is as iemand met my praat met 'n stuk kougom in die mond.

Alles daaromtrent laat my grill. Die ge-myack-myack-myack wat jou mond maak wanneer jy kou, die vreemde reuk van jou asem en dan die klein sirkeltjie wat op jou kiestande gaan lê wanneer jy praat... BLEHG!!

As ek met jou 'n gesprek voer en jy is besig om kougom te kou, kry ek so 'n groot urge om jou ken vas te gryp met my een hand, my ander hand in jou mond in te druk en daardie pes van 'n ding uit sy comfort-zone, daar op jou kiestande, uit te ruk!

Maar dan herinner ek myself daaraan dat ek geen idee het waar jou mond al oral was of wanneer laas jy tande geborsel het nie en ek hou myself eerder in.

Dit voel of almal heeldag loop en kougom kou! Ek kan nie verstaan hoekom nie... Binne 5 minute proe dit soos 'n stuk rubber wat op en af bons in jou mond! Maar o, wag, jy't nog 'n hele pakkie chappies in jou sak! Moet net nie dat die massas dit sien nie...

Maar in elkgeval - dis nog een ding wat my irriteer. As ek so aanhou moet ek dalk my blog verander na 'Ani-kla'.

Ha-ha - nooit nie.

Thursday, 1 August 2013

JIP - 'Tree nou op soos leiers'

Leiersverkiesing is om die draai vir die meeste gr. 11’s, en dit beteken baie ­fake-glimlagte, buitengewoon vriendelike mense, gatkruipers, maagpyn en, en, en...

Ek weet nie of dit net in my skool so is nie, maar hoe nader die verkiesing kom, hoe meer praat die onderwysers met ons oor ons gedrag. “Dis tyd dat julle begin optree soos leiers!”
Ek het ’n probleem in hierdie situasie. Sien, jy moet verkies word omdat jy dit verdien, nie omdat jy ewe skielik, omdat almal raas en mooi vra, soos ’n leier begin optree nie!

As ek nog een speech moet hoor oor hoe ons moet “bykom” of “onsself regruk”, gaan ek dalk net ontplof. Almal wil hê ons moet ons gedrag verander, maar dan...

Lees die res van my rubriek hier

Sunday, 28 July 2013

Respek is 'n moeilike ding...

As daar nou een ding is wat my teen die mure uitdryf, is dit wanneer 'n kind nie 'n onderwyser respekteer nie.

Okay, ek weet ons leef in 'n post-modernistiese era. Post-moderniste doen wat hulle wil. Hulle sê 'hoekom moet ek dit doen?' of 'hoekom kan ek dit nie doen nie?' maar daar kom tye in 'n mens se lewe waar jy nie net kan doen wat jy wil nie!

Dit pla my verskriklik as die mense in my klas nie respek het vir 'n onderwyser nie. Die argument is altyd dieselfde - 'hoekom moet ek respek vir onderwysers hê as hulle nie respek vir my het nie?' In so opsig is daar nie vir my 'n 'hoekom?' nie, jy moet dit net doen. Jy moet respek hê vir 'n onderwyser.

As die onnie jou sleg of onregverdig behandel, help dit jou niks om ongeskik terug te wees nie, almal weet dit! Almal wil dit net nie altyd erken nie... Die onderwyser is in 'n hoër magsposisie as jy - hy/sy kan die lewe vir jou so moeilik maak! Die onnie skryf vir jou negatiewe punte, jy sit detensie, jy raak negatief oor een van jou gunsteling vakke, jy kry swak punte, en en en...

Dis 'n bose kringloop... Uit 'n kind se oogpunt is dit altyd die onderwyser wat dit begin het, maar dit is nie altyd die geval nie. Jy kan niks doen aan 'n onderwyser wat ongeskik is, of wat net plain weg nie van jou hou nie.

Die maklikste oplossing is om net jou trots te sluk. Bly stil, moenie terug praat nie, skree aan die binnekant, skryf 'n heavy metal 'ek-haat-onderwysers' liedjie, doen net enige iets anders as om terug ongeskik te wees. Dit is nie maklik nie, maar dis baie beter as om detensie te sit...

Anyway...

Gotta go slice a pie..
Anike x

Monday, 20 May 2013

Die Groot Gat in jou Gesig...

Daar is nét soveel maniere om te sê "bly stil" en 'n mens kan dit ook net soveel keer sê voor jy dit totaal en al verloor.

Saal-opening. Ek wou dit verloor. Almal weet dat jy veronderstel is om stil te bly wanneer ons by die saal in loop soos minions, maar niemand doen dit nie! Almal gesels en kuier en lag so hard dat hulle nie eers hoor hoe die mnr. sê om stil te bly nie! Dit veroorsaak dan dat dit langer vat voor ons begin wat maak dat pouse korter is. Thank you, selfish teenagers.

Dis ook 'n manier om respek te toon, of in die geval nié te toon nie. As iemand anders praat, bly jy stil! Maak nie saak hoe graag jy iets wil sê nie! Maak nie saak of dit jou begin brand van binne af soos 'n veldbrand nie - jy hou die gat in jou gesig toe... Ek sal nooit 'n onderwyser kan word nie, wat O MY SIEL, kinders het nie respek nie.

Bly stil, shut your pie hole, hush up, tone it down a notch, maak die gat in jou gesig toe, shhhhht, of die altyd gewilde, maar kras STFU (uhm, ja, ma en pa, as julle hierdie lees, ek praat nie so nie, hierdie is 'n veralgemening van hoërskool...)

So asseblief tog, bly stil wanneer jy moet stil bly! In die saal, koshuis-studietyd, kerk, by 'n begrafnis, in die kroeg, waaaaar ookal, hou net die groot gat in die Suidelike deel van jou gesig toe wanneer dit moet toe wees.

Meer later...
Gotta go teach hobos propper spelling
Anike

Die cliché eerste post...

Okay, so hierdie is my eerste post... op my blog...

Wag, tegnies gesproke is hierdie my tweede post, sien ek was eers op WordPress, maar hierdie site lyk cooler.. haha

Okay, so soos die meeste ander bloggers weet ek nog nie regtig waaroor ek wil blog nie. Meestal maar my lewe. Ek kan hier seker nogal eerlik wees, aangesien ek nie rerig dink iemand my blog actually gaan lees nie.  Haha, let the fun begin ;)

So, 'n blog. Uhm ek het baie dinge op my hart, of sleutelbord, of rekenaarskerm... whatever, in elkgeval, ek haaaaaaaaaat skynheilige mense. Miskien gaan die meeste van my posts daaroor gaan? Who knows...

Ek wil eintlik net hierdie cliché van 'n eerste post oor en verby kry sodat ek kan aangaan sonder om te verduidelik of whatever.

Dit laat my nou dink aan 'n episode van How I Met Your Mother (awesome series, btw) waar Barney en Robin begin uitgaan, maar hulle wil nie die "talk" hê nie. Hulle wil nie die buitelyne van hulle verhouding beskryf nie, hulle wil net doen wat hulle wil. Hmm.

Meer later dan!
Gotta go play tennis with midgets
Anike