Showing posts with label stil. Show all posts
Showing posts with label stil. Show all posts

Sunday, 28 July 2013

Respek is 'n moeilike ding...

As daar nou een ding is wat my teen die mure uitdryf, is dit wanneer 'n kind nie 'n onderwyser respekteer nie.

Okay, ek weet ons leef in 'n post-modernistiese era. Post-moderniste doen wat hulle wil. Hulle sê 'hoekom moet ek dit doen?' of 'hoekom kan ek dit nie doen nie?' maar daar kom tye in 'n mens se lewe waar jy nie net kan doen wat jy wil nie!

Dit pla my verskriklik as die mense in my klas nie respek het vir 'n onderwyser nie. Die argument is altyd dieselfde - 'hoekom moet ek respek vir onderwysers hê as hulle nie respek vir my het nie?' In so opsig is daar nie vir my 'n 'hoekom?' nie, jy moet dit net doen. Jy moet respek hê vir 'n onderwyser.

As die onnie jou sleg of onregverdig behandel, help dit jou niks om ongeskik terug te wees nie, almal weet dit! Almal wil dit net nie altyd erken nie... Die onderwyser is in 'n hoër magsposisie as jy - hy/sy kan die lewe vir jou so moeilik maak! Die onnie skryf vir jou negatiewe punte, jy sit detensie, jy raak negatief oor een van jou gunsteling vakke, jy kry swak punte, en en en...

Dis 'n bose kringloop... Uit 'n kind se oogpunt is dit altyd die onderwyser wat dit begin het, maar dit is nie altyd die geval nie. Jy kan niks doen aan 'n onderwyser wat ongeskik is, of wat net plain weg nie van jou hou nie.

Die maklikste oplossing is om net jou trots te sluk. Bly stil, moenie terug praat nie, skree aan die binnekant, skryf 'n heavy metal 'ek-haat-onderwysers' liedjie, doen net enige iets anders as om terug ongeskik te wees. Dit is nie maklik nie, maar dis baie beter as om detensie te sit...

Anyway...

Gotta go slice a pie..
Anike x

Monday, 22 July 2013

Teikengehoor

Ek praat vanoggend met 'n vriendin oor my YouTube spree die naweek... Ons kom toe tot die gevolgtrekking dat ons nie video's wil maak nie, want ons wil nie hê mense wat ons ken moet dit sien nie!

Dis moeilik om te verduidelik, maar dit kom daarop neer dat ons wil hê ander mense moet ons blogs en vlogs sien, maar nie vriende en familie nie.

Ek is van plan om 'n YouTuber te word (ek werk aan my eerste video) en ek sal dit love as mense van my video's hou. Die probleem is net dat ek nie wil hoor wat die mense na aan my dink nie! Ek wil nie by die skool hoor dat my nuwe video nie so goed was soos die vorige een nie, of dat daar baie beter blogs is as myne nie!

As die kommentaar van ander, onbekende mense af kom waardeer 'n mens die positiewe soveel meer. Jy kan ook baie makliker die negatiewe ignoreer en jy hoef nie te probeer verduidelik waarom jy doen wat jy doen nie!

Ek het al daaraan gedink om my naam te verander, 'n ander identity te skep en so famous te word! Dit sal egter nie werk nie, want wie sal my video's kyk? Wie sal my tweets lees as ek niemand het wat my follow nie, want niemand weet wie ek is nie? (Gepraat van Twitter, ek staan nou op 254 followers! =D)

'n Mens het vriende en familie nodig om jou blog/vlog van die grond af te kry! Jy moet dit deel met mense wat jou ken, mense wat op die link sal gaan kliek. Mense wat wil sien hoe jy jou naam gat maak. Mense wat dit dan met hulle vriende en familie sal share.

Ongelukkig vir dié van ons wat eintlik baie skaam is, gaan vriende en familie beslis ons blog lees en ons video's kyk. Ons gaan kommentaar kry daaroor. Positief en negatief.

Hopelik is dit alles die moeite werd.

Gotta go jam my bread!
xx

Monday, 20 May 2013

Die Groot Gat in jou Gesig...

Daar is nét soveel maniere om te sê "bly stil" en 'n mens kan dit ook net soveel keer sê voor jy dit totaal en al verloor.

Saal-opening. Ek wou dit verloor. Almal weet dat jy veronderstel is om stil te bly wanneer ons by die saal in loop soos minions, maar niemand doen dit nie! Almal gesels en kuier en lag so hard dat hulle nie eers hoor hoe die mnr. sê om stil te bly nie! Dit veroorsaak dan dat dit langer vat voor ons begin wat maak dat pouse korter is. Thank you, selfish teenagers.

Dis ook 'n manier om respek te toon, of in die geval nié te toon nie. As iemand anders praat, bly jy stil! Maak nie saak hoe graag jy iets wil sê nie! Maak nie saak of dit jou begin brand van binne af soos 'n veldbrand nie - jy hou die gat in jou gesig toe... Ek sal nooit 'n onderwyser kan word nie, wat O MY SIEL, kinders het nie respek nie.

Bly stil, shut your pie hole, hush up, tone it down a notch, maak die gat in jou gesig toe, shhhhht, of die altyd gewilde, maar kras STFU (uhm, ja, ma en pa, as julle hierdie lees, ek praat nie so nie, hierdie is 'n veralgemening van hoërskool...)

So asseblief tog, bly stil wanneer jy moet stil bly! In die saal, koshuis-studietyd, kerk, by 'n begrafnis, in die kroeg, waaaaar ookal, hou net die groot gat in die Suidelike deel van jou gesig toe wanneer dit moet toe wees.

Meer later...
Gotta go teach hobos propper spelling
Anike