Wednesday 18 December 2013

Language Barrier

I normally blog in Afrikaans, my home language, but recently I've been thinking that an English post here or there can't do any harm...? I don't think I will ever just post in English, because I write more comfortably in Afrikaans, but there are so many more English than Afrikaans Internet users out there.

I don't know if this will become a thing, but it is possible that I will occasionally post something in English, seeing as my fan-club is growing already ;)

Speaking of my fan-club, for those of you who don't know, I have a YouTube channel - The Middle Child. I have been stuck on 93 subscribers for a few weeks now. For someone who hasn't been posting videos for that long, I think it is a pretty big number, but I wouldn't mind some growth.

Why do subs matter?

1. The more subscribers I have, the better I feel about myself because I don't have any friends and need to feel love from Internet people...
2. Subscribers receive an email whenever I upload a new video, so you never miss out on the awesomeness :D
3. More subs mean more advertisement of my channel and videos across YouTube, so more people can accidentally stumble across my channel and my channel can also be found more easily if someone were to Google it ;)

So, pretty pretty pretty please go and subscribe to my YouTube channel if you haven't already. You won't lose anything and you will make me extremely happy. Also, if you don't subscribe, a cat might die, so do it for the kittens..

How to subscribe:
*Log into YouTube with your YouTube/Gmail/Google account (One account. All of Google)
*Don't have an account? Create one =D it's FREE!
*Logged in? Click this link.
*Click on the SUBSCRIBE button
*Receive a FREE invisible penguin!






JOIN THE FAN CLUB! :D
you know you want to =)

Monday 25 November 2013

JIP: Clichés, oral waar jy kyk...

Die wêreld is een groot cliché... Dié sin is selfs teen hierdie tyd ’n cliché.

Ek het gesukkel om ’n onderwerp te kies om oor te skryf, want alles waaraan ek dink, is al so holrug gery: eksamen, einde-van-die-jaar-sindroom, vakansie, wees jouself, die verkiesing, tienersterre wat handuit ruk, en en en (oeps, nog een).

Dink byvoorbeeld aan flieks: “I wil be back”; “Frankly, my dear, I don’t give a…”; “May the force be with you”; “To infinity and beyond”; “Elementary, my dear Watson”; “Life is like a box of chocolates…”; “Luke, I am your father!”; “You can’t handle the truth”; “Make a hole, people, make a hole!"... Genoeg gesê?

Dan is daar die Facebook-clichés... 


Lees die res hier.

Sunday 20 October 2013

50 Random Questions Tag



I found this on the internet and decided to do it! Also, I tag Mieke & Ingrid (MIWatchers), Mizan van der Merwe (Profoundly Marvelous) and Peter Pentz (Penna se Praatjies) to answer the questions too! =)

1.   Where were you 3 hours ago? Taking a nap...
2.   Who are you in love with? My boyfriend! Oh, wait... 
3.   Have you ever eaten a crayon? No, not that I know of...
4.   Is there anything pink within 10 feet of you? My pajama pants! =D
5.   When is the last time you went to the mall? Yesterday.
6.   Are you wearing socks right now? YES ALWAYS! ;)
7.   Does your family have a car worth over $2,000? I dunno how dollars work... 
8.   When was the last time you went out of town? Friday!
9.   Have you been to the movies in the last 5 days?  No =(
10. Are you hot? Yes, extremely! Oh, wait, you mean because of weather? No, it's cold outside.
11. What was the last thing you had to drink? Pepsi Light.
12. What are you wearing right now? Green socks, black jeans, a red shirt with a black shirt over...
13. Do you wash your car or let the car wash do it? If I had a car, it would probably be dirty all the time.
14. Last food you ate? My mamma's chicken, veggies and uhm, "mielietert" =D
15. Where were you last week at this time? Singing in a church in town
16. Have you bought any clothing items in the last week? Nope!
17. When is the last time you ran? Does a movie-marathon count?
18. What's the last sporting event you watched? uhh...
19. What is your favorite animal? PANDA!
20. Your dream vacation? Touring Europe <3
21. Last person's house you were in? Uncle George's house =)
22. Worst injury you've ever had? Broke my left arm - had to get surgery.
23. Have you been in love? Love? What is love? Can you eat it?
24. Do you miss anyone right now? Yes! My lovely sister, Mizan!
25. Last musical you saw? HS Bergvlam's revue.
26. What's your secret weapon to lure in the opposite sex? I will seduce you with my awkwardness...
27. What are your plans for tonight? Sleeeeeeeeep =D
28. Who is the last person you sent a Facebook message or comment? Ruan Ueckermann!
29. Next trip you are going to take? I dunno... Probably to the kitchen... =P
30. Ever go to camp? YES! Skoolverwisselingskamp! =D
31. Were you an honor roll student in school? Yes, in pre-school I was fabulous ;)
32. What do you want to know about the future? Will radio still exist in 30 years?
33. Are you wearing any perfume or cologne? Nope, my bed doesn't care what I smell like... =P
34. Are you due sometime this year for a doctor's visit? Yes.. gotta remove my wisdom teeth =/
35. Where is your best friend? "best friend"? What is that? Can you eat it?
36. How is your best friend? When I find it, I will ask...
37. Do you have a tan? WHY WOULD I WANT TO COOK MYSELF?
38. What are you listening to right now? New Paramore CD =D
39. Do you collect anything? The souls of lost puppies... lol jokes, nah.
40. Who is the biggest gossiper you know? Uhm... The internet
41. Last time you got stopped by a cop or pulled over? Uhmmm 
42. Do you drink your soda with a straw? Mostly, yes.
43. What does your last text message say? "Babam haha" - Addy
44. Do you like hot sauce? Yes.
45. Last time you took a shower? Last night.
46. Do you need to do laundry? I dunno, MOOOOOOOOM?
47. What is your heritage? South African? Dutch?
48.  Are you someone's best friend? Yas, mah bed! =P
49. Are you rich? I have R49, so no...
50. What were you doing at 12AM last night? Haha, watching modern family and browsing the internet 


Saturday 12 October 2013

JIP - My top-10 Youtubers

Ek het onlangs die wonderwêreld van YouTube ontdek en het amper elke dag ’n nuwe gunsteling Youtuber! Hier is my top-10:

10. Chai (MyNamesChai)
9. Connor Franta
8. Alfie Deyes (PointlessBlog)
7. Zoe Sugg (zoella280390)
6. Marcus Butler (MarcusButlerTV)
5. Jack and Finn Harries (JacksGap)
4. Troye Sivan
3. Phil Lester (AmazingPhil)
2. Caspar Lee (dicasp)
1. Dan Howell (danisnotonfire)

Lees die volle artikel hier

Nellies Sing Off: Onnies VS Kinders

Die NHS Sing Off het 'n week terug plaasgevind en ek het alles met 'n backstage view afgeneem. Die video's is op my YouTube channel. Ek is ook oulik, so hiers die links vir elke rondte ;)

Modern Song

60s/70s/80s

Gospel Song

Kersfees Medley

Klassieke Liedjie

Die Harlem Shake

Sunday 6 October 2013

JIP - Tieners wat drink

Tieners wat drink is nie meer so ’n vreemde verskynsel as wat dit ’n klompie jare terug was nie... As jy vandag sou uitvind dat ’n vriend gereeld drink, sal jy nie so geskok wees soos wat jou ouers sou wees toe hulle jonk was nie. Inteendeel, jy sou dit dalk verwag. Dis mos snaaks, is dit nie?

Meeste mense lag vir dronk mense se gedrag. Sommige dink dis selfs nóg snaakser as die persoon uit-pass, maar daar is niks snaaks daaraan as iemand versmoor aan hul eie braaksel of die vergiftiging van die respiratoriese sentrum in die brein nie – albei wat tot die dood kan lei.

Ek het met ’n paar hoërskoolleerders gesels en tot die volgende gevolgtrekking gekom: daar is drie “soorte” tiener-drinkers...


Lees die res hier

Saturday 28 September 2013

Respekteer tog die kunstenaars?

Ek weet dat die meeste van my posts oor een of ander vorm van respek gaan, maar dié is een wat my nou al 'n hele ruk pla...

In my lewe kry ek baie te doen met konserte, toesprake, die verhoog, optredes ensovoorts en by sulke geleenthede is daar een ding wat ek nie kan verdra nie - as mense nie die kunstenaar respekteer nie!

Elke liewe vorm van optree is 'n kuns - redenaars, sang, debat, drama, you name it! Dit is alles 'n kunsvorm en ek is moeg daarvoor dat mense dit nie respekteer nie. Hoe moeilik is dit om stil te bly terwyl iemand besig is om sy siel te openbaar?

Die meeste mense in die gehoor weet nie hoe dit voel om voor mense op te tree nie - hulle weet nie hoe dit voel om jou hart uit te stort voor mense nie, hulle sal heelwaarskynlik nooit weet nie! Dit vat BAIE moed om voor mense op te tree.

Ek is seker dat my ander kunstenaarsvriende met my sal saam stem - dis regtig nie lekker om 'n onderlangse gebrom te hoor terwyl jy jou passie uitleef nie.

Fine, dit was dalk nie noodwendig jou keuse om dit te kyk nie - soos bv 'n dramastuk by die prysuitdeling - jy het nie gekies om dit te kyk nie en jy wil ook nie, so hoekom moet jy stil bly en dan hande klap as dit verby is?

Ek sal jou sê hoekom - want dis wat 'n mens doen! Jy respekteer die persoon op die verhoog, jy bly stil vir 5 minute en jy luister! Wie weet, dalk leer jy iets?

Daar is amper niks vir my so sleg soos wanneer mense praat terwyl ek optree nie. Terwyl ek my klavierstuk gespeel het by Nellies Got Talent het die mense in die gehoor so hard met mekaar gesels DAT EK KON HOOR WAT HULLE Sê!

Dit ontmoedig 'n mens - dit laat jou wonder hoekom jy doen wat jy doen.

Maar dan tree jy op voor 'n great gehoor, jy kan sien hoe die mense actually luister na wat jy sê, mense lag wanner jy 'n grap maak, hulle klap hande as jy klaar is - en dan onthou jy hoekom jy doen wat jy doen...

Monday 16 September 2013

JIP - "Bravo as jy grense ken!"

Ek is deesdae behep met ou TV-reekse. Ek kan nie genoeg daarvan kry nie: Malcolm in the Middle, That 70’s Show en, en, en… Al die verhoudings in dié reekse het my aan die dink gesit oor tienerverhoudings en hoe dit van die verhoudings in iets soos Gossip Girl verskil. Dié verhoudings is nie meer soos dit in die ou dae was nie.

Skoolverhoudings het handuit geruk – tieners is deesdae met hul verhoudings op ’n heel ander vlak as die tieners van 30, 20, selfs net 10 jaar terug. Dis asof die “verhoudingsouderdom” 10 jaar afgeskuif het: Kry jou eerste kêrel al op laerskool, jou eerste date in gr. 5, vry vir die eerste keer in gr. 7 en word seksueel aktief op 14.

Lees die res van my rubriek hier.

Sunday 8 September 2013

Sit jou boude terug waar dit hoort.

Right, so ek het 'n probleem met hoe kort meisies se broekies en rompies deesdae is...

Wat? Jy dink dis sexy? Nee. Wat is 'sexy' daaraan as jou ASS by jou broek uithang?

O, ouens sien jou raak en besef dan hoe oulik jy is? Nee! Ek het nuus vir jou, poplap, hulle is nie agter jou mooi persoonlikheid en goeie geselskap aan nie... Laat so 'n bietjie aan hulle verbeelding oor, toe?

Ek het 'n gesprek gehad met iemand hieroor en ek is so bly ek's nie die enigste persoon wat so voel nie. Kry 'n bietjie selfrespek meisies. Julle is soveel beter as dit.

Die meeste meisies wat se broekies so kort is kan dit ook in elkgeval nie bekostig om so rond te loop nie... Ja, dis reg - DIT LYK SLEG!

Ek sê nie dat julle soos nonne of kloosterkoeke moet aantrek nie - maar regtig - 5 cm langer, asb?

Sunday 25 August 2013

Myack-myack-myack die hele dag deur...

Ek kom agter dat ek redelik baie blog oor dinge wat my irriteer, so hier's 'n lekker een...

KOUGOM!

As ek in die somer nog so lekker met my kaal knieë in die klas sit en ewe skielik raak my een knieg aan 'n ou, grillerige kougom-bal aan die onderkant van die skoolbank, dan verloor ek dit sommer net daar.

Ek loop alte jolig in by Spar, gryp 'n mandjie so in die verby gaan en BOOM - kougom vingers!

En dan om nie eers te praat van in kougom trap nie!

Al dié dinge dryf my teen die mure uit, maar jy kan altyd jouself skoon skrop of nuwe skoene koop. Die een ding omtrent kougom wat vir my die héél ergste is, is as iemand met my praat met 'n stuk kougom in die mond.

Alles daaromtrent laat my grill. Die ge-myack-myack-myack wat jou mond maak wanneer jy kou, die vreemde reuk van jou asem en dan die klein sirkeltjie wat op jou kiestande gaan lê wanneer jy praat... BLEHG!!

As ek met jou 'n gesprek voer en jy is besig om kougom te kou, kry ek so 'n groot urge om jou ken vas te gryp met my een hand, my ander hand in jou mond in te druk en daardie pes van 'n ding uit sy comfort-zone, daar op jou kiestande, uit te ruk!

Maar dan herinner ek myself daaraan dat ek geen idee het waar jou mond al oral was of wanneer laas jy tande geborsel het nie en ek hou myself eerder in.

Dit voel of almal heeldag loop en kougom kou! Ek kan nie verstaan hoekom nie... Binne 5 minute proe dit soos 'n stuk rubber wat op en af bons in jou mond! Maar o, wag, jy't nog 'n hele pakkie chappies in jou sak! Moet net nie dat die massas dit sien nie...

Maar in elkgeval - dis nog een ding wat my irriteer. As ek so aanhou moet ek dalk my blog verander na 'Ani-kla'.

Ha-ha - nooit nie.

Thursday 1 August 2013

JIP - 'Tree nou op soos leiers'

Leiersverkiesing is om die draai vir die meeste gr. 11’s, en dit beteken baie ­fake-glimlagte, buitengewoon vriendelike mense, gatkruipers, maagpyn en, en, en...

Ek weet nie of dit net in my skool so is nie, maar hoe nader die verkiesing kom, hoe meer praat die onderwysers met ons oor ons gedrag. “Dis tyd dat julle begin optree soos leiers!”
Ek het ’n probleem in hierdie situasie. Sien, jy moet verkies word omdat jy dit verdien, nie omdat jy ewe skielik, omdat almal raas en mooi vra, soos ’n leier begin optree nie!

As ek nog een speech moet hoor oor hoe ons moet “bykom” of “onsself regruk”, gaan ek dalk net ontplof. Almal wil hê ons moet ons gedrag verander, maar dan...

Lees die res van my rubriek hier

Sunday 28 July 2013

Respek is 'n moeilike ding...

As daar nou een ding is wat my teen die mure uitdryf, is dit wanneer 'n kind nie 'n onderwyser respekteer nie.

Okay, ek weet ons leef in 'n post-modernistiese era. Post-moderniste doen wat hulle wil. Hulle sê 'hoekom moet ek dit doen?' of 'hoekom kan ek dit nie doen nie?' maar daar kom tye in 'n mens se lewe waar jy nie net kan doen wat jy wil nie!

Dit pla my verskriklik as die mense in my klas nie respek het vir 'n onderwyser nie. Die argument is altyd dieselfde - 'hoekom moet ek respek vir onderwysers hê as hulle nie respek vir my het nie?' In so opsig is daar nie vir my 'n 'hoekom?' nie, jy moet dit net doen. Jy moet respek hê vir 'n onderwyser.

As die onnie jou sleg of onregverdig behandel, help dit jou niks om ongeskik terug te wees nie, almal weet dit! Almal wil dit net nie altyd erken nie... Die onderwyser is in 'n hoër magsposisie as jy - hy/sy kan die lewe vir jou so moeilik maak! Die onnie skryf vir jou negatiewe punte, jy sit detensie, jy raak negatief oor een van jou gunsteling vakke, jy kry swak punte, en en en...

Dis 'n bose kringloop... Uit 'n kind se oogpunt is dit altyd die onderwyser wat dit begin het, maar dit is nie altyd die geval nie. Jy kan niks doen aan 'n onderwyser wat ongeskik is, of wat net plain weg nie van jou hou nie.

Die maklikste oplossing is om net jou trots te sluk. Bly stil, moenie terug praat nie, skree aan die binnekant, skryf 'n heavy metal 'ek-haat-onderwysers' liedjie, doen net enige iets anders as om terug ongeskik te wees. Dit is nie maklik nie, maar dis baie beter as om detensie te sit...

Anyway...

Gotta go slice a pie..
Anike x

Monday 22 July 2013

Teikengehoor

Ek praat vanoggend met 'n vriendin oor my YouTube spree die naweek... Ons kom toe tot die gevolgtrekking dat ons nie video's wil maak nie, want ons wil nie hê mense wat ons ken moet dit sien nie!

Dis moeilik om te verduidelik, maar dit kom daarop neer dat ons wil hê ander mense moet ons blogs en vlogs sien, maar nie vriende en familie nie.

Ek is van plan om 'n YouTuber te word (ek werk aan my eerste video) en ek sal dit love as mense van my video's hou. Die probleem is net dat ek nie wil hoor wat die mense na aan my dink nie! Ek wil nie by die skool hoor dat my nuwe video nie so goed was soos die vorige een nie, of dat daar baie beter blogs is as myne nie!

As die kommentaar van ander, onbekende mense af kom waardeer 'n mens die positiewe soveel meer. Jy kan ook baie makliker die negatiewe ignoreer en jy hoef nie te probeer verduidelik waarom jy doen wat jy doen nie!

Ek het al daaraan gedink om my naam te verander, 'n ander identity te skep en so famous te word! Dit sal egter nie werk nie, want wie sal my video's kyk? Wie sal my tweets lees as ek niemand het wat my follow nie, want niemand weet wie ek is nie? (Gepraat van Twitter, ek staan nou op 254 followers! =D)

'n Mens het vriende en familie nodig om jou blog/vlog van die grond af te kry! Jy moet dit deel met mense wat jou ken, mense wat op die link sal gaan kliek. Mense wat wil sien hoe jy jou naam gat maak. Mense wat dit dan met hulle vriende en familie sal share.

Ongelukkig vir dié van ons wat eintlik baie skaam is, gaan vriende en familie beslis ons blog lees en ons video's kyk. Ons gaan kommentaar kry daaroor. Positief en negatief.

Hopelik is dit alles die moeite werd.

Gotta go jam my bread!
xx

Sunday 21 July 2013

Caspar Lee... 'nuff said!

Vir die van julle wat nog nie Caspar Lee se YouTube video's gekyk het nie - SHAME ON YOU!

Ek moes ophou kyk, want ek het nog regtig baie huiswerk om te doen, maar OOOOOH MY WORD, ek LOVE sy video's. Dis hilarious... en hy's so mooi... =P

Ek is super jaloers op hoe famous hy is... Ek wou al my eie video's post op YouTube, maar ek dink altyd dat niemand daarvan sal hou nie. Fear of rejection! Ek het ook nie 'n videokamera nie... 

Ek dink actually ek gaan begin video's post... dan is daar natuurlik die groot vraag... Afrikaans of Engels?

Afrikaans is makliker, want dit is my huistaal, maaaaar soveel meer mense praat Engels.. Also, mense sal dalk ook hou van my Engelse aksent... Comment asb as jy inset wil lewer ;) Onthou net dat ek ook gevoelens het, so BE NICE! =P

Ek kan nie oor dit kom nie, CASPAR LEE SE VIDEO'S IS AWESOME! Hy is officially my inspirasie. 

Ek wonder ook altyd of ek wil hê mense moet my video's sien. hmm... Okay, kom oor dit! If you never try, you'll never know! 

Nog mense wat my regtig erg inspireer is die MIWATCH meisies - Mieke en Ingrid. Ek is baie trots om te kan sê dat ek hulle ken. Vir die van julle wat nog nie hulle blog uitgecheck het nie - SHAME ON YOU! 

Okay, well... Gotta go wax a goat!
xx

Friday 5 July 2013

Ek sukkel.

Ek het meer as 'n maand laas gepost. Daar is so baie wat aangaan in my lewe... Van skryf vir JIP, tot die eksamen wat verby is, tot die verbrokkeling van my hart...

Die waarheid is: Ek sukkel.

Ek sukkel om wat aangaan in my lewe te deel met ander mense, ek sukkel om mense te vertrou, maar hoekom moet ek? Hoekom moet ek vir ander mense, wat tien teen een nie eers omgee nie, my diepste, donkerste geheime vertel? Nie dat my geheime juis so diep en donker is nie - meer soos vlak en grys.

Ek sukkel om kreatief te wees. Ek sukkel om te skryf. Dis hoekom ek so lank laas gepost het. Ek voel dat mense nie gaan hou van wat ek doen nie, so ek hou dit eerder vir myself. Ek hou alles eerder in as wat ek dit uitlaat en ek word afgeskiet en verwerp.

Ek sukkel om uit die bed uit te kom - ek wil net die heeltyd lê. Ek weet dis half normaal vir 'n tiener, maar nie so erg soos wat dit nou voel vir my nie. Ek wil nie mense sien nie, ek wil nie kuier nie, ek wil net niks doen nie! Tog is ek so geirriteerd daarmee om net by die huis te sit. Ek wil uitgaan, maar ek het nie die wilskrag nie. Ek sukkel.

Ek het nogsteeds nie vir enige iemand vertel van my blog nie - soos ek gesê het, ek is bang mense hou nie van wat ek doen nie.

Ek tree oor 'n week op by Stoep... My eerste optrede voor mense. Ek is so senuweeagtig, dis nie eers meer snaaks nie. Ek wil hê mense moet my hoor sing, maar ek het 'n vrees vir verwerping. Ek vrees dat mense nie daarvan sal hou nie. Ek wil so graag eendag 'n loopbaan maak uit my musiek uit, maar as mense nie daarvan hou nie, hoe kan ek?

Ek sukkel. Ek sukkel!!!

Help?


Monday 3 June 2013

Opstel: Skakel af!

“Mense neem elke dag so baie informasie in, dat hulle stadig, maar seker hulle algemene kennis verloor.”

Ek weet nie wie hierdie stelling gemaak het nie, maar binne tien sekondes sal my selfoon vir my die antwoord kan gee.  Blitsvinnig.

Daar is beslis baie voordele verbonde aan tegnologiese vooruitgang, maar hoe slimmer die selfone word, hoe dommer word die mense...

Skakel af.

Kom ‘n bietjie tot stilstand, sodat jou sien jou liggaam kan inhaal.

Praat met die mense voor jou.  Luister na die mense om jou.  Dis hoe die lewe veronderstel is om te wees.

Wat is so dringend om te sê dat dit nie kan wag totdat jy die persoon weer sien nie?  Is dit so belangrik om elke liewe sepie op televisie te volg?  Is dit nodig om alles wat in jou lewe aangaan met al jou – sogenaamde – “vriende” te deel?

Soms moet die liggies net agfesit word.  Die DVD-speler, PVR, DSTV, CD-speler – al die akroniem-toestelle – net stilgemaak word.

Skakel af!

Ek voel dat ‘n groot deel van die mensdom – veral die jeug – die kuns om sinvol alleen te wees, afgeleer het.

Nog interpersoonlike vaardighede wat erg skipbreuk ly, is die eeue oue kuns om te gesels.

Daar moet gesprekke gevoer word – regte gesprekke!  Nie ‘n telefoon-oproep, SMS, BBM (nóg akronieme) e-pos of enige ander vorm van elektroniese boodskap nie.  Regte gesprekke.

Dit is amper asof mense nie meer met mekaar kán praat nie.

SKAKEL AF!

Ek wil jou graag in die oë kyk as ek met jou praat.  Ek wil jou handgebare en gesigsuitdrukkings sien!

Emosies word gereduseer tot enkele leestekens en ‘n paar afkortings.

Skakel af.

Praat met die mense om jou.  Sit jou selfoon weg, kyk jou vriende in die oë – basiese kommunikasievaardighede!

Luister na wat vir jou gesê word.  Moenie so behep met tegnologie wees dat jou lewe vir jou wegloop nie.

Skakel af!

Voer ‘n gesprek, kyk mekaar in die oë, luister!

Haal jou oorfone af, beweeg weg van die televisie af, bêre jou rekenaar, selfoon, slimfoon, tablet...


SKAKEL NET AF!

Tuesday 28 May 2013

O my siel - ek's besig...

Kort blog, net sodat ek nie vergeet ek het actually 'n blog nie!

Daar was laas week Nellies Got Talent by my skool en ek gaan 'n volledige post doen daaroor sodra hierdie flippen Junie-eksamen klaar is.  Gepraat van Junie-eksamen - ek het vandag 'n awesom Afrikaanse opstel geskryf! Wanneer ek dit eventually terug kry gaan hy ook beslis gepost word.. Miskien kan ek my ou opstelle ook post... hmm..

So... I posted my first awesome meme! Ek het al meme's gepost op 9GAG, maar niemand het dit rerig gelike nie... Toe kry ek 2 funny foto's in die hande - and so the Raymond meme and the Joshua meme were born!

http://9gag.com/gag/aKwb5YQ Die Raymond meme - net meer as 500 likes binne 24 uur.

http://9gag.com/gag/aBRD5oO  Die Joshua meme - net meer as 300 likes binne 24 uur.

Gaan check dit uit, of whatever... =P

Meer dan later...
Gotta go create a meme
Anike


Monday 20 May 2013

Die Groot Gat in jou Gesig...

Daar is nét soveel maniere om te sê "bly stil" en 'n mens kan dit ook net soveel keer sê voor jy dit totaal en al verloor.

Saal-opening. Ek wou dit verloor. Almal weet dat jy veronderstel is om stil te bly wanneer ons by die saal in loop soos minions, maar niemand doen dit nie! Almal gesels en kuier en lag so hard dat hulle nie eers hoor hoe die mnr. sê om stil te bly nie! Dit veroorsaak dan dat dit langer vat voor ons begin wat maak dat pouse korter is. Thank you, selfish teenagers.

Dis ook 'n manier om respek te toon, of in die geval nié te toon nie. As iemand anders praat, bly jy stil! Maak nie saak hoe graag jy iets wil sê nie! Maak nie saak of dit jou begin brand van binne af soos 'n veldbrand nie - jy hou die gat in jou gesig toe... Ek sal nooit 'n onderwyser kan word nie, wat O MY SIEL, kinders het nie respek nie.

Bly stil, shut your pie hole, hush up, tone it down a notch, maak die gat in jou gesig toe, shhhhht, of die altyd gewilde, maar kras STFU (uhm, ja, ma en pa, as julle hierdie lees, ek praat nie so nie, hierdie is 'n veralgemening van hoërskool...)

So asseblief tog, bly stil wanneer jy moet stil bly! In die saal, koshuis-studietyd, kerk, by 'n begrafnis, in die kroeg, waaaaar ookal, hou net die groot gat in die Suidelike deel van jou gesig toe wanneer dit moet toe wees.

Meer later...
Gotta go teach hobos propper spelling
Anike

Die cliché eerste post...

Okay, so hierdie is my eerste post... op my blog...

Wag, tegnies gesproke is hierdie my tweede post, sien ek was eers op WordPress, maar hierdie site lyk cooler.. haha

Okay, so soos die meeste ander bloggers weet ek nog nie regtig waaroor ek wil blog nie. Meestal maar my lewe. Ek kan hier seker nogal eerlik wees, aangesien ek nie rerig dink iemand my blog actually gaan lees nie.  Haha, let the fun begin ;)

So, 'n blog. Uhm ek het baie dinge op my hart, of sleutelbord, of rekenaarskerm... whatever, in elkgeval, ek haaaaaaaaaat skynheilige mense. Miskien gaan die meeste van my posts daaroor gaan? Who knows...

Ek wil eintlik net hierdie cliché van 'n eerste post oor en verby kry sodat ek kan aangaan sonder om te verduidelik of whatever.

Dit laat my nou dink aan 'n episode van How I Met Your Mother (awesome series, btw) waar Barney en Robin begin uitgaan, maar hulle wil nie die "talk" hê nie. Hulle wil nie die buitelyne van hulle verhouding beskryf nie, hulle wil net doen wat hulle wil. Hmm.

Meer later dan!
Gotta go play tennis with midgets
Anike