Sunday 8 September 2013

Sit jou boude terug waar dit hoort.

Right, so ek het 'n probleem met hoe kort meisies se broekies en rompies deesdae is...

Wat? Jy dink dis sexy? Nee. Wat is 'sexy' daaraan as jou ASS by jou broek uithang?

O, ouens sien jou raak en besef dan hoe oulik jy is? Nee! Ek het nuus vir jou, poplap, hulle is nie agter jou mooi persoonlikheid en goeie geselskap aan nie... Laat so 'n bietjie aan hulle verbeelding oor, toe?

Ek het 'n gesprek gehad met iemand hieroor en ek is so bly ek's nie die enigste persoon wat so voel nie. Kry 'n bietjie selfrespek meisies. Julle is soveel beter as dit.

Die meeste meisies wat se broekies so kort is kan dit ook in elkgeval nie bekostig om so rond te loop nie... Ja, dis reg - DIT LYK SLEG!

Ek sĂȘ nie dat julle soos nonne of kloosterkoeke moet aantrek nie - maar regtig - 5 cm langer, asb?

No comments:

Post a Comment