Gedigte

Onmoontlike Andersheid

Wees jouself?
Ag, asseblief!
Dis onmoontlik -
‘n groot lieg!

Jy word gejudge,
geoordeel.
Onverstaanbare
persoonlikheid gesteel.

Ek word in stukke geskeer -
om ek te wees, maak seer.

almal is anders
tog geen verskil
ek sien een mens
oral.



Laat my wees...

Ek wil rebeleer,
doen wat ek wil.
Ek wil sê hoe ek voel,
van ander verskil

Ek wil wys ek is anders,
ophou lieg -
lieg oor wie ek is -
myself bedrieg.

Ek wil anders wees.
Laat my verskil!
Al is dit “sosiaal onaanvaarbaar”

- Laat my wees wie EK wil.



Dis beter so

Sterk buite
Steek weg

Moenie jouself wees nie

Hou binne
Kruip weg

Onderdruk wie jy is

Swak binne
Voel sleg

Mense gaan jou verwerp

Sterf binne

Kwyn weg.

1 comment:

  1. Jou gedigte praat met 'n andersheid, met 'n sieldiepte... Hou aan!

    ReplyDelete