Saturday 28 September 2013

Respekteer tog die kunstenaars?

Ek weet dat die meeste van my posts oor een of ander vorm van respek gaan, maar dié is een wat my nou al 'n hele ruk pla...

In my lewe kry ek baie te doen met konserte, toesprake, die verhoog, optredes ensovoorts en by sulke geleenthede is daar een ding wat ek nie kan verdra nie - as mense nie die kunstenaar respekteer nie!

Elke liewe vorm van optree is 'n kuns - redenaars, sang, debat, drama, you name it! Dit is alles 'n kunsvorm en ek is moeg daarvoor dat mense dit nie respekteer nie. Hoe moeilik is dit om stil te bly terwyl iemand besig is om sy siel te openbaar?

Die meeste mense in die gehoor weet nie hoe dit voel om voor mense op te tree nie - hulle weet nie hoe dit voel om jou hart uit te stort voor mense nie, hulle sal heelwaarskynlik nooit weet nie! Dit vat BAIE moed om voor mense op te tree.

Ek is seker dat my ander kunstenaarsvriende met my sal saam stem - dis regtig nie lekker om 'n onderlangse gebrom te hoor terwyl jy jou passie uitleef nie.

Fine, dit was dalk nie noodwendig jou keuse om dit te kyk nie - soos bv 'n dramastuk by die prysuitdeling - jy het nie gekies om dit te kyk nie en jy wil ook nie, so hoekom moet jy stil bly en dan hande klap as dit verby is?

Ek sal jou sê hoekom - want dis wat 'n mens doen! Jy respekteer die persoon op die verhoog, jy bly stil vir 5 minute en jy luister! Wie weet, dalk leer jy iets?

Daar is amper niks vir my so sleg soos wanneer mense praat terwyl ek optree nie. Terwyl ek my klavierstuk gespeel het by Nellies Got Talent het die mense in die gehoor so hard met mekaar gesels DAT EK KON HOOR WAT HULLE Sê!

Dit ontmoedig 'n mens - dit laat jou wonder hoekom jy doen wat jy doen.

Maar dan tree jy op voor 'n great gehoor, jy kan sien hoe die mense actually luister na wat jy sê, mense lag wanner jy 'n grap maak, hulle klap hande as jy klaar is - en dan onthou jy hoekom jy doen wat jy doen...

No comments:

Post a Comment