Monday 20 May 2013

Die Groot Gat in jou Gesig...

Daar is nét soveel maniere om te sê "bly stil" en 'n mens kan dit ook net soveel keer sê voor jy dit totaal en al verloor.

Saal-opening. Ek wou dit verloor. Almal weet dat jy veronderstel is om stil te bly wanneer ons by die saal in loop soos minions, maar niemand doen dit nie! Almal gesels en kuier en lag so hard dat hulle nie eers hoor hoe die mnr. sê om stil te bly nie! Dit veroorsaak dan dat dit langer vat voor ons begin wat maak dat pouse korter is. Thank you, selfish teenagers.

Dis ook 'n manier om respek te toon, of in die geval nié te toon nie. As iemand anders praat, bly jy stil! Maak nie saak hoe graag jy iets wil sê nie! Maak nie saak of dit jou begin brand van binne af soos 'n veldbrand nie - jy hou die gat in jou gesig toe... Ek sal nooit 'n onderwyser kan word nie, wat O MY SIEL, kinders het nie respek nie.

Bly stil, shut your pie hole, hush up, tone it down a notch, maak die gat in jou gesig toe, shhhhht, of die altyd gewilde, maar kras STFU (uhm, ja, ma en pa, as julle hierdie lees, ek praat nie so nie, hierdie is 'n veralgemening van hoërskool...)

So asseblief tog, bly stil wanneer jy moet stil bly! In die saal, koshuis-studietyd, kerk, by 'n begrafnis, in die kroeg, waaaaar ookal, hou net die groot gat in die Suidelike deel van jou gesig toe wanneer dit moet toe wees.

Meer later...
Gotta go teach hobos propper spelling
Anike

No comments:

Post a Comment