Sunday 25 August 2013

Myack-myack-myack die hele dag deur...

Ek kom agter dat ek redelik baie blog oor dinge wat my irriteer, so hier's 'n lekker een...

KOUGOM!

As ek in die somer nog so lekker met my kaal knieë in die klas sit en ewe skielik raak my een knieg aan 'n ou, grillerige kougom-bal aan die onderkant van die skoolbank, dan verloor ek dit sommer net daar.

Ek loop alte jolig in by Spar, gryp 'n mandjie so in die verby gaan en BOOM - kougom vingers!

En dan om nie eers te praat van in kougom trap nie!

Al dié dinge dryf my teen die mure uit, maar jy kan altyd jouself skoon skrop of nuwe skoene koop. Die een ding omtrent kougom wat vir my die héél ergste is, is as iemand met my praat met 'n stuk kougom in die mond.

Alles daaromtrent laat my grill. Die ge-myack-myack-myack wat jou mond maak wanneer jy kou, die vreemde reuk van jou asem en dan die klein sirkeltjie wat op jou kiestande gaan lê wanneer jy praat... BLEHG!!

As ek met jou 'n gesprek voer en jy is besig om kougom te kou, kry ek so 'n groot urge om jou ken vas te gryp met my een hand, my ander hand in jou mond in te druk en daardie pes van 'n ding uit sy comfort-zone, daar op jou kiestande, uit te ruk!

Maar dan herinner ek myself daaraan dat ek geen idee het waar jou mond al oral was of wanneer laas jy tande geborsel het nie en ek hou myself eerder in.

Dit voel of almal heeldag loop en kougom kou! Ek kan nie verstaan hoekom nie... Binne 5 minute proe dit soos 'n stuk rubber wat op en af bons in jou mond! Maar o, wag, jy't nog 'n hele pakkie chappies in jou sak! Moet net nie dat die massas dit sien nie...

Maar in elkgeval - dis nog een ding wat my irriteer. As ek so aanhou moet ek dalk my blog verander na 'Ani-kla'.

Ha-ha - nooit nie.

3 comments:

  1. Mal oor jou blog en Youtube videos Anike! jys n legend!x

    ReplyDelete