Friday 5 July 2013

Ek sukkel.

Ek het meer as 'n maand laas gepost. Daar is so baie wat aangaan in my lewe... Van skryf vir JIP, tot die eksamen wat verby is, tot die verbrokkeling van my hart...

Die waarheid is: Ek sukkel.

Ek sukkel om wat aangaan in my lewe te deel met ander mense, ek sukkel om mense te vertrou, maar hoekom moet ek? Hoekom moet ek vir ander mense, wat tien teen een nie eers omgee nie, my diepste, donkerste geheime vertel? Nie dat my geheime juis so diep en donker is nie - meer soos vlak en grys.

Ek sukkel om kreatief te wees. Ek sukkel om te skryf. Dis hoekom ek so lank laas gepost het. Ek voel dat mense nie gaan hou van wat ek doen nie, so ek hou dit eerder vir myself. Ek hou alles eerder in as wat ek dit uitlaat en ek word afgeskiet en verwerp.

Ek sukkel om uit die bed uit te kom - ek wil net die heeltyd lê. Ek weet dis half normaal vir 'n tiener, maar nie so erg soos wat dit nou voel vir my nie. Ek wil nie mense sien nie, ek wil nie kuier nie, ek wil net niks doen nie! Tog is ek so geirriteerd daarmee om net by die huis te sit. Ek wil uitgaan, maar ek het nie die wilskrag nie. Ek sukkel.

Ek het nogsteeds nie vir enige iemand vertel van my blog nie - soos ek gesê het, ek is bang mense hou nie van wat ek doen nie.

Ek tree oor 'n week op by Stoep... My eerste optrede voor mense. Ek is so senuweeagtig, dis nie eers meer snaaks nie. Ek wil hê mense moet my hoor sing, maar ek het 'n vrees vir verwerping. Ek vrees dat mense nie daarvan sal hou nie. Ek wil so graag eendag 'n loopbaan maak uit my musiek uit, maar as mense nie daarvan hou nie, hoe kan ek?

Ek sukkel. Ek sukkel!!!

Help?


5 comments:

  1. Voor jou geboorte het jou Vader al belowe dat Hy net die mooiste dinge vir jou bestem begaafde kind! Ek is BAIE lief vir jou Ani EN jy mag maar klets. Xx

    ReplyDelete
  2. Yeah! What she said...! U R loved more than U realize. Look 2 Him and look at loved ones close 2 U.

    ReplyDelete
  3. Ani Pandi - jy is een awesome mens! Jy weet eks baie baie lief vir jou. Mwa*

    ReplyDelete
  4. Jy mag maar klets en sing en skryf, jy is een awesome girl! Sien jou al van laerskooldae af en het groot respek vir jou pragtige talente. Doe zo voort, Mx

    ReplyDelete
  5. Baie dankie! Ek waardeer dit baie :)

    ReplyDelete