Sunday 28 July 2013

Respek is 'n moeilike ding...

As daar nou een ding is wat my teen die mure uitdryf, is dit wanneer 'n kind nie 'n onderwyser respekteer nie.

Okay, ek weet ons leef in 'n post-modernistiese era. Post-moderniste doen wat hulle wil. Hulle sê 'hoekom moet ek dit doen?' of 'hoekom kan ek dit nie doen nie?' maar daar kom tye in 'n mens se lewe waar jy nie net kan doen wat jy wil nie!

Dit pla my verskriklik as die mense in my klas nie respek het vir 'n onderwyser nie. Die argument is altyd dieselfde - 'hoekom moet ek respek vir onderwysers hê as hulle nie respek vir my het nie?' In so opsig is daar nie vir my 'n 'hoekom?' nie, jy moet dit net doen. Jy moet respek hê vir 'n onderwyser.

As die onnie jou sleg of onregverdig behandel, help dit jou niks om ongeskik terug te wees nie, almal weet dit! Almal wil dit net nie altyd erken nie... Die onderwyser is in 'n hoër magsposisie as jy - hy/sy kan die lewe vir jou so moeilik maak! Die onnie skryf vir jou negatiewe punte, jy sit detensie, jy raak negatief oor een van jou gunsteling vakke, jy kry swak punte, en en en...

Dis 'n bose kringloop... Uit 'n kind se oogpunt is dit altyd die onderwyser wat dit begin het, maar dit is nie altyd die geval nie. Jy kan niks doen aan 'n onderwyser wat ongeskik is, of wat net plain weg nie van jou hou nie.

Die maklikste oplossing is om net jou trots te sluk. Bly stil, moenie terug praat nie, skree aan die binnekant, skryf 'n heavy metal 'ek-haat-onderwysers' liedjie, doen net enige iets anders as om terug ongeskik te wees. Dit is nie maklik nie, maar dis baie beter as om detensie te sit...

Anyway...

Gotta go slice a pie..
Anike x

Monday 22 July 2013

Teikengehoor

Ek praat vanoggend met 'n vriendin oor my YouTube spree die naweek... Ons kom toe tot die gevolgtrekking dat ons nie video's wil maak nie, want ons wil nie hê mense wat ons ken moet dit sien nie!

Dis moeilik om te verduidelik, maar dit kom daarop neer dat ons wil hê ander mense moet ons blogs en vlogs sien, maar nie vriende en familie nie.

Ek is van plan om 'n YouTuber te word (ek werk aan my eerste video) en ek sal dit love as mense van my video's hou. Die probleem is net dat ek nie wil hoor wat die mense na aan my dink nie! Ek wil nie by die skool hoor dat my nuwe video nie so goed was soos die vorige een nie, of dat daar baie beter blogs is as myne nie!

As die kommentaar van ander, onbekende mense af kom waardeer 'n mens die positiewe soveel meer. Jy kan ook baie makliker die negatiewe ignoreer en jy hoef nie te probeer verduidelik waarom jy doen wat jy doen nie!

Ek het al daaraan gedink om my naam te verander, 'n ander identity te skep en so famous te word! Dit sal egter nie werk nie, want wie sal my video's kyk? Wie sal my tweets lees as ek niemand het wat my follow nie, want niemand weet wie ek is nie? (Gepraat van Twitter, ek staan nou op 254 followers! =D)

'n Mens het vriende en familie nodig om jou blog/vlog van die grond af te kry! Jy moet dit deel met mense wat jou ken, mense wat op die link sal gaan kliek. Mense wat wil sien hoe jy jou naam gat maak. Mense wat dit dan met hulle vriende en familie sal share.

Ongelukkig vir dié van ons wat eintlik baie skaam is, gaan vriende en familie beslis ons blog lees en ons video's kyk. Ons gaan kommentaar kry daaroor. Positief en negatief.

Hopelik is dit alles die moeite werd.

Gotta go jam my bread!
xx

Sunday 21 July 2013

Caspar Lee... 'nuff said!

Vir die van julle wat nog nie Caspar Lee se YouTube video's gekyk het nie - SHAME ON YOU!

Ek moes ophou kyk, want ek het nog regtig baie huiswerk om te doen, maar OOOOOH MY WORD, ek LOVE sy video's. Dis hilarious... en hy's so mooi... =P

Ek is super jaloers op hoe famous hy is... Ek wou al my eie video's post op YouTube, maar ek dink altyd dat niemand daarvan sal hou nie. Fear of rejection! Ek het ook nie 'n videokamera nie... 

Ek dink actually ek gaan begin video's post... dan is daar natuurlik die groot vraag... Afrikaans of Engels?

Afrikaans is makliker, want dit is my huistaal, maaaaar soveel meer mense praat Engels.. Also, mense sal dalk ook hou van my Engelse aksent... Comment asb as jy inset wil lewer ;) Onthou net dat ek ook gevoelens het, so BE NICE! =P

Ek kan nie oor dit kom nie, CASPAR LEE SE VIDEO'S IS AWESOME! Hy is officially my inspirasie. 

Ek wonder ook altyd of ek wil hê mense moet my video's sien. hmm... Okay, kom oor dit! If you never try, you'll never know! 

Nog mense wat my regtig erg inspireer is die MIWATCH meisies - Mieke en Ingrid. Ek is baie trots om te kan sê dat ek hulle ken. Vir die van julle wat nog nie hulle blog uitgecheck het nie - SHAME ON YOU! 

Okay, well... Gotta go wax a goat!
xx

Friday 5 July 2013

Ek sukkel.

Ek het meer as 'n maand laas gepost. Daar is so baie wat aangaan in my lewe... Van skryf vir JIP, tot die eksamen wat verby is, tot die verbrokkeling van my hart...

Die waarheid is: Ek sukkel.

Ek sukkel om wat aangaan in my lewe te deel met ander mense, ek sukkel om mense te vertrou, maar hoekom moet ek? Hoekom moet ek vir ander mense, wat tien teen een nie eers omgee nie, my diepste, donkerste geheime vertel? Nie dat my geheime juis so diep en donker is nie - meer soos vlak en grys.

Ek sukkel om kreatief te wees. Ek sukkel om te skryf. Dis hoekom ek so lank laas gepost het. Ek voel dat mense nie gaan hou van wat ek doen nie, so ek hou dit eerder vir myself. Ek hou alles eerder in as wat ek dit uitlaat en ek word afgeskiet en verwerp.

Ek sukkel om uit die bed uit te kom - ek wil net die heeltyd lê. Ek weet dis half normaal vir 'n tiener, maar nie so erg soos wat dit nou voel vir my nie. Ek wil nie mense sien nie, ek wil nie kuier nie, ek wil net niks doen nie! Tog is ek so geirriteerd daarmee om net by die huis te sit. Ek wil uitgaan, maar ek het nie die wilskrag nie. Ek sukkel.

Ek het nogsteeds nie vir enige iemand vertel van my blog nie - soos ek gesê het, ek is bang mense hou nie van wat ek doen nie.

Ek tree oor 'n week op by Stoep... My eerste optrede voor mense. Ek is so senuweeagtig, dis nie eers meer snaaks nie. Ek wil hê mense moet my hoor sing, maar ek het 'n vrees vir verwerping. Ek vrees dat mense nie daarvan sal hou nie. Ek wil so graag eendag 'n loopbaan maak uit my musiek uit, maar as mense nie daarvan hou nie, hoe kan ek?

Ek sukkel. Ek sukkel!!!

Help?